Verdagte in hof ná man sterf in kroegaanval

Olivier by die polisiestasie. Foto: Verskaf

Olivier by die polisiestasie. Foto: Verskaf

Die 52-jarige man wat Ludi Vink (30) glo in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek het, het Vrydag in die hof verskyn.

Daniel Jacobus Olivier is in die rondgaande hof in Palm Ridge op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van moord. Olivier, wat homself Vrydagoggend aan die polisie oorgegee het, moet weer op 20 April in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Vink was saam met ʼn familielid in ʼn kroeg in Randhart toe die voorval gebeur het. Veiligheidskameras in die kroeg het die gru-aanval vasgevang en die beeldmateriaal is sedertdien op sosiale media gedeel.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe Vink langs die potspeltafel staan en ʼn ander man die potspelstok gryp en Vink in die gesig steek. Vink sak inmekaar en die man draai om en beweeg uit die kameraskoot uit. Iemand hardloop dan nader en trek die stok uit Vink se gesig voordat hy hulp ontbied.

Vink is na ʼn hospitaal gehaas waar hy breindood verklaar is. Hy is later in die hospitaal dood. ʼn Gedenkdiens word Dinsdag in Alberton vir Vink gehou.

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met 'n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met ‘n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

Vink se suster, Karla Vink, het Donderdag ʼn roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook geplaas. “Ludi, my hart. My hart is stukkend. My wêreld is grys. Swart en wit. Vir nou is die kleur weg. Soveel vrae. Soveel hartseer. So ongelooflik baie pyn,” het sy geskryf.

“Soos wat ons smeek dat jy ons hoor en terugkom, so het jy net verder weggeglip. Bud, jy was so perfek. So liefdevol. Ek het nie meer trane nie, net hierdie brand in my keel. Maar niks. Niks, Ludi. Ek belowe jou ek is ongelooflik lief vir jou.”

Sy het hom beskryf as haar “sielsmaatjie” en gesê sy weet hy is nou by die Here. “Jy sien niks meer hartseer en kwaad nie, maar jy’s verlos. Ludi, ek’s kwaad, hartseer, gebroke maar met soveel vertroosting. Die kleur sal stadig maar seker terugvloei in my lewe. Met tyd en genade. Lief jou stukkend. Altyd, Ludi. Altyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dellaq ·

wat??!! R5000 borg en hy het iemand doelbewus vermoor?? die man wat per ongeluk ‘n swart werker skiet want hy dag dis ‘n bosvark, kry R15,000??? Hoe werk dit? Ons regstelsel is inderdaad ‘n siek, groot grap! Hierdie moordenaar moes nie borg kry nie

Linda du Plessis ·

Verskriklik hartseer en so onnodig!!!! Innige simpatie aan famielie en vriende!

Verbaas ·

Een man skiet n man in n mielieland en gee dadelik die saak by die polisie aan. Word dan inhegtenis geneem en sukkel twee weke om borgtog te kry. Die ander vermoor iemand in n kroeg vlug van die toneel en gaan gee hom oor na n paar dae later aan die polisie oor en word dieselfde dag op borg vrygelaat. Is daar dubbele standaarde of is dit die landros wat moedswillig is

Ronel ·

Nogal aan dieselfde gedink en ook die feit dat die beskuldigde se volle name gegee word, maar in ander gevalle (plaasmoorde) word hulle net as beskuldigdes genoem. Laat mens wonder….

Shaun ·

Daar is een groot verskil . Die bosvark insident was wit op swart . Die bogenoemde voorval is wit op wit . Daarom die dubbele standaarde asook die 66% verskil in borg . MAW . Die eerste voorval word as rassisties afgemaak .

Boerseun ·

Net so. Nou wat laat enige iemand dink om heel tyd in howe te baklei gaan enigsins boere se lot red?

Johanna Botha ·

Presies jy is SO reg ”verbaas” daar is iets verkeerd met die reg …menseregte in SA is ook n groot joke ! Die moordenaars, verkragters en diewe loop vrylik rond terwyl die eerlike belastingbetalers opgesluit sit in hulle eie tronke !

giep ·

Dit is omdat die mielieland saak n swarte was wat gedood is. Daar is jou antwoord.

Johannes van Staden ·

Presies en ek wonder ook hoekom mm die volle name hier gee terwyl in ander moorde daar net gesê word of na verwys word as die ”beskuldigde ” kan julle asb n antwoord op die vraag gee ? Die reg voel ek is rasgedrewe terwyl die beginsel van n nierasige SA oor die wêreld verkondig word ….dis net nie waar nie en n leun en ek is jammer maar mm maak hulle skuldig aan dit deur die manier van beriggewing.

Mariana ·

Verbaas, ek dink presies soos jy, en kyk die reuse verskil in borgtog, die een R15000 en die ander R5000. Ongelooflik!

Chris ·

Ek voel regtig jammer vir die familie wat ‘n lid verloor het. Die vraag ontstaan by my, wat de hel het die man wat dit gedoen het, gedink doen hy. Dit is ongelukkig die sameloop van omstandighede. Ons leef in ‘n wrede barbaarse samelewing. Ons regstelsel het nie meer ‘n impak nie. Die mense doen wat hulle wil en word nie aandadig vir hul aksies gehou nie. Tragies.

Peet J ·

Het die kultuurmens verander na ‘n onmens sedert die afskaffing van die doodstraf . Geen respek meer vir lewe wat deur die Almagtige God voorsien is nie .

marie visser ·

Wens die regering wil al die suipplekke toemaak, want dit is waar al die onheile uitbroei en kyk nou net die onnodige dood van ‘n jong man in die fleur van sy lewe. Plaas van dat mense hul by hul huise besig hou gaan lê hulle by die hole rond waar daar altyd iets onwettigs plaasvind of man/ vrou kom dronk by die huis aan en veroorsaak verder probleme. Wonder hoeveel kos- en skoolgeld word so uitgedrink. Kan ook maar net wonder wat het van die Christen man geword wat verkies om in kroeē rond te hang en nie sy tyd by sy vrou en kinders deur te bring nie.

Alida ·

Indien die moordenaar skuld ingevorder het let wel ek se indien verdien hy n swaar straf. Daardie mense dink hulle is magtigtiger as enigiemand anders. Sulke barbaarse maniere word nie geduld nie. Leer jou les.

ken benoni ·

Simpatie met die oorledene se familie en vriende. Wanneer gaan ons blankes leer om geduldig te wees met mekaar. Hulle moor ons uit en dan help ons hulle nog in hul struggel.

Mellie ·

Karla, jou woorde het my vir n stonde laat ophou asemhaal …. My hart bloei vir julle! Sterkte

Madeliefie ·

Dit is baie baie hartseer en ja ek kry tot die moordenaar jammer… ons wereld is deurmekaar.. ons leef op die “edge”.. moorde, politiek, stress om elke hoek en draai dat die geringste ding ons trigger… dalk was iets reeds besig om te knak in hom en nou is sy lewe verwoes… nee dit isnie reg nie.. maar ek salni oordeel nie.. te veel stress beleef en hartseer en voel soms om sommer bo oor iemand te ry wat voor my inry en ja in ons almal broei dinge wat omstandighede veroorsaak..deesdae dalk meer as voorheen…

Boeremeisie ·

Kry jy die moordenaar jammer omdat hy ‘n wit man is? Ek wonder of jy daardie selfse “jammerte” toepas op alle moordenaars.

Sputnik ·

Ek kry werklik nie die moordenaar jammer nie! Nie eers ‘n 15-jarige beskaafde mens doen so-iets nie! Op sy ouderdom moes hy al verstand gekry het.

Christi ·

Het die cctv video gesien. Nee wat ou grote, 1 sekonde van waansin het jou n leeftyd van sorge gebring. Sit maar lekker in die tronk. RIP Ludi…sterkte aan jou familie!

Dirkie ·

Ongelooflik tragies om so te sterf. Hoe aanvaar ouers dit ooit.

Gemengde gevoelens ·

Baie liefde & genade bid ek jul toe, ek sien die liefde tussen broer en sus, en my hart pyn. Ouers van alle ouderdomme kinders dit is nie n grap of ok as jou kind boelie nie of dit net terg met die mond is of enige iets vat jou kind vas,leer hom of haar respek – die uiteinde is groot hartseer vir almal en die meeste is vir jou & jou kind, n tronkdeur staan oop om hom te verwelkom en jy as ouer kan dit nie aflag of keer. Olivier se hele houding tydens hierdie aanval dui op, ek is in beheer & ek maak soos ek wil. Olivier jy gaan n groot prys betaal vir jou sinnelose daad en jy is die swakste voorbeeld op aarde, ek hoop nie jy het kinders wat hierdeur verneder gaan word nie! Dit is dan ook op jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.