Verdagte in hof na treinongeluk

treinspoorDie bestuurder wat van strafbare manslag aangekla word nadat ʼn trein in sy motor ingeploeg en die dood van drie kinders veroorsaak het, het Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 2 April uitgestel en die verdagte bly in aanhouding,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. Qawukeni Lwandile (27) het Donderdag 12 pre-primêre en laerskoolkinders tussen Zinniaville en Rustenburg-Noord vervoer toe die ongeluk gebeur het. Lwandile het glo ander motoriste wat by die spooroorgang gewag het verbygesteek waarna sy Toyota Avanza op die spoor vasgesteek het. Die trein het in sy motor ingeploeg en dit saamgesleep. ʼn Agtjarige seun is op die toneel dood. Nog twee kinders is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Mokgwabone sê Lwandile het die kinders onwettig vervoer aangesien sy voertuig nie gesertifiseer is om passasiers te vervoer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.