Verdagte in hof oor Coligny-plaasaanval

Hardus en Marie Otto (Foto's verskaf aan Maroela Media)

Hardus en Marie Otto (Foto’s verskaf aan Maroela Media)

Petrus Dintwe (25) het Maandag in die hof verskyn in verband met die aanval op Hardus en Marie Otto op hul plaas Syferpan in Coligny, Noordwes.

Dintwe het nie aansoek gedoen om borgtog nie en bly in aanhouding, het ʼn Maroela Media-korrespondent berig.

Die Otto-egpaar is op 10 November 2014 in hul huis oorval en hulle moes ure lank twee aanvallers se brutale aanslag trotseer. Hardus is erg aangerand en onder andere met kookwater gedreig en Marie is wreed verkrag toe die twee aanvallers nie tevrede was met die bedrag geld wat hulle in die hande kon kry nie.

Die aanvallers het uiteindelik kontant en vuurwapens gebuit.

Dintwe is uiteindelik aangekeer nadat gesigsamestellings van die verdagtes weke lank in gedrukte media verskyn het. Die tweede verdagte is nog soek, maar die polisie is glo warm op sy spoor.

Dintwe moet op 23 Maart weer in die hof verskyn.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en verkragting. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neptunus ·

Klink of daar tog nog wakker speurders is. Is daar nie ‘n naam of foto van die ander verdagte nie? Dit sal dit dalk vergemaklik as die publiek weet wie om voor uitkyk te hou en wie gekontak kan word met inligting.

scalla ·

Doen presies dieselfde met hulle soos wat hy en sy comrades gedoen het met die bejaarde egpaar, klomp lafaards.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.