ʼn 18-jarige wat van die moord op ʼn dosent aan die Universiteit van die Vrystaat beskuldig word, het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
“Khethang Abednego Ramolula is vrygelaat op borgtog van R1 000,” het konstabel Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die saak is tot 12 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.”
Lehlohonolo Mathengtheng (27) se liggaam is op 28 September in sy woonstel in Willows in Bloemfontein aangetref. Hy is keelaf gesny.
Ramolula, ʼn Gr. 10-leerling aan ʼn plaaslike hoërskool, en Mathengtheng was glo vriende. Hy is op 18 Oktober in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van moord en diefstal.
Mathengtheng was ʼn nagraadse student en dosent in die departement van mediese mikrobiologie en virologie aan die UV.
Ek vind dit belaglik dat mense wat beskuldig word van moord of verkragting borgtog kry, om nie te praat van R1000 nie. Hoeveel van hulle pleeg weer so ‘n misdaad terwyl hulle op borgtog uit is? Nee wat, skrap daai borgtogaansoeke.