Verdagte in hof vir diefstal uit regeringskantoor

Argieffoto

Argieffoto

Net een van die verdagtes wat in verband met die diefstal van miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) in hegtenis geneem is, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die ander verdagte kon nie met die voorval verbind word nie.

Die verdagtes is vasgetrek nadat die polisie beeldmateriaal van die diewe wat deur veiligheidskameras in die gang van die SSA kantoor vasgevang is, uitgereik het. Aanvanklik is beweer R50 miljoen in buitelandse valuta is uit die kluis gesteel, maar die Valke het later die bedrag as R17 miljoen bevestig.

Die saak is uitgestel na 19 Januarie vir verdere ondersoek, maar die verdagte sal Dinsdag weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan Ferreira ·

Die R50 milj het darem vinnig verminder na R17. Wonder waar het die R33 milj so vinnig verdwyn?

Sarie 2 ·

Ek wonder sélf oor diè & vele ander dinge in hierdie land… Hulle praat oor miljoene, asof dit sente is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.