Verdagte in hof vir moord op dosent

Argieffoto

Argieffoto

Die 29-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn dosent van die Universiteit van Limpopo, verskyn Woensdag in die Mankweng-landdroshof in Limpopo.

Maroela Media het vroeër berig die landboudosent, Freddy Madiba (50), se lyk is Maandagoggend in sy rolstoel voor sy huis op die kampus gevind.

Volgens kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het Madiba se liggaam verskeie wonde aan sy kop gehad. “Dit lyk asof Madiba elders vermoor is, waarna sy liggaam na die huis op die universiteitskampus geneem is.”

Volgens Otto is die motief vir die moord nog onbekend.

Die verdagte is Maandag in hegtenis geneem en sal op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sjoe ·

Maak die ding vas aan ‘n rolstoel terwyl hy verhoorafwagtend is. Dit gee die ding dalk ‘n smakie van wat die dosent moes voel. Hulpeloosheid moet die ding ervaar, niemand moet hom ooit help oor die weg kom nie. Net ‘n lafaard val iemand aan terwyl hy homself nie eens kan probeer verdedig nie. Die dosent het nie die reg op beweging gehad nie en ook nie reg op lewe nie. En die luis het alles en gaan nog gepamperlang word ook waar hy gaan sit want die ding het mos regte. Watse regte kan hom toekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.