Verdagte in hof vir moord op eiendomsagent

Eldie Gerber (Foto: Facebook/ Seeff)

’n Verdagte sou na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn, nadat die liggaam van ’n eiendomsagent oor die naweek in die slagoffer se woonstel in die Strand in die Wes-Kaap gevind is.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van ’n man (56) is Vrydag omstreeks 10:40 in sy woonstel in Kusweg aangetref. ’n Verdagte (30), wat in besit van die oorledene se besittings is, is kort daarna naby die moordtoneel in hegtenis geneem.

Die slagoffer is sedertdien geïdentifiseer as Eldie Gerber, direkteur van Seeff-eiendomme in die Strand.

Luidens ’n verklaring wat Maandag deur Seeff uitgereik is, was Gerber langer as 28 jaar by die verkoop van eiendomme betrokke.

“Eldie Gerber was een van daardie unieke mense wat maklik was om voor lief te wees indien jy hom geken het. Hy het omgegee vir mense, was altyd bereid om na almal te luister, het raad gegee en was altyd gereed met ’n glimlag. Hy het die ingebore talent gehad om mense op hul gemak te stel met sy vriendelike geaardheid en borrelende sin vir humor,” het sy kollegas in die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariaan

NOG n sinnelose moord!! Ag nee wat…kyk hierdie mooi suksesvolle man…voeg waarde toe tot samelewing…en nou?? Ons land……GEEN waarde aan lewe nie

Sê maar net

Die verdagte was bekend aan die man. Elke moord is sinneloos. Kan nie glo dat die mensdom kan besluit oor lewe nie. So siek dat ons Vader bepaal dat jy op aarde is en dan kom ‘n siek mens en ontneem jou van jou bestaan.

My Opinie

Dis verblydend om te sien daar word iemand in hegtenis geneem.
Sterkte aan die oorledene se mense.

heila fourie

jaa nou is die wêreldbeker hier en die wêreldbeker maak nie ‘n verskil in suid afrika se misdaad en moord nie. beker is klaar vergete en die anc gaan voort waar hy laasweek ge eindig het
Heila Fourie

B.B.

Al wat ek kan se…Siek mense daar buite…en Sterkte aan die familie…en nou begin Skole konsentreer om meer Seks praatjies, en prentjies aan te bied in skole, plaas hulle meer konsentreer om in daardie “LOSBANDIGE” periode kinders te leer, om respek te he vir mense se Lewe….om ander behulpsaam te wees…om nooit n lewe te neem nie…..Ook dat Verkragting n Baie groot oortreding is….met Lewens-lange gevangenis.. Om iemand te Vermoor beteken jyt nie respek vir lewe nie….en dit behoort n 1000 keer meer van waarde ge-ag te word, as die nuutste sedelose Seks praatjies, en prentjies wat hulle be-oog om… Lees meer »