Verdagte in hospitaal ná plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Verdagte wat in verband met ʼn aanval Saterdagaand op ʼn plaas in die Lydenburg-distrik in Mpumalanga in hegtenis geneem is, is in die hospitaal nadat hy glo deur inwoners van die plaaslike gemeenskap vasgetrek is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 60-jarige man is omstreeks 19:00 op die plaas deur vier gewapende aanvallers oorval. Die polisie het die man intussen as Douglas Dickson geïdentifiseer.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Dickson het glo buite sy huis gebraai en omstreeks 19:00 in die huis ingegaan om te eet. Terwyl hy besig was om te eet het vier aanvallers met vuurwapens die huis binnegekom.

“Hulle het sy hande en voete vasgebind en hom op die grond laat lê. Hulle het hom met boomtakke geslaan, geskop en geëis dat hy geld en vuurwapens aan hulle oorhandig. Hulle het ook ʼn breekyster by hulle gehad en het gedreig om hom daarmee aan te rand as hy nie aan hul eise gehoor gee nie,” het Bhembe gesê.

Hy het gesê Dickson het op die aanvallers se aandrang vir hulle die kluis gewys, maar daar was geen vuurwapens in die kluis nie. Die aanvallers het daarna ʼn groot verskeidenheid goedere insluitend ʼn windbuks, kontant, kruideniersware, sakke en ʼn televisie in die voertuig gelaai voordat hulle gevlug het.

Dickson, wat slegs geringe beserings opgedoen het, kon daarin slaag om homself los te wikkel en het hulp ontbied. Die plaaslike landelike buurtwag het vinnig gereageer om die verdagtes na te spoor. Een verdagte is kort daarna vasgetrek met Dickson se gesteelde voertuig en die gesteelde goedere by hom.

Volgens Bhembe was die polisie nie by toe die verdagte vasgetrek is nie en was die verdagte beseer toe hy aan die polisie oorhandig is. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en was nog nie in staat om ʼn verklaring aan die polisie te gee nie.

Bhembe het gesê ʼn vuurwapen waarvan die reeksnommers afgevyl is, is ook in die verdagte se besit gevind. Die ander drie verdagtes is steeds op vrye voet.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting word versoek om die ondersoekbeampte by 082 957 7300 of Stop Misdaad by 0800 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Jammer oor mnr Dickson maar goeie nuus oor die buurtwag wat nou die polisie se primêre taak begin oorvat en mekaar beskerm dit is n positiewe gebaar hou so aan en bemagtig julle self en werk slim die kriminele moet weet as die nuttelose polisie niks doen gaan die gemeenskap saamstaan en iets doen .As ek vandag n polisie beampte was sou ek my dood geskaam het .

tom ·

Die mense is gatvol gaan meer en meer gebeur en volgende is malema met sy uitsprake

FM ·

Tom ek dink daar is baie wat saam met jou stem mbt juliaaaas. Met hierdie kleuterskoolmannetjie moet n plan mee gemaak word.En nou is sy mentor ook weg. Volgende is hy en zuma.

PJC ·

Jammer net een van die vier is gevang. Miskien het die wat gevang is ook ń bietjie lig daarvan afgekom.

GERT ·

Wie gaan nou op die ou end die skuldigste wees. Vra maar net

Riette ·

Seker weer soos die Parys klomp in die hof moet staan en dan teen mekaar draai…..

PJC ·

Ja Riette ek stem saam. Weet nie hoekom ons ou nasietjie nog nie geleer het om hulle smoele toe te hou nie. Wag net eers tot die voggies praat en kyk dan hoe gee hulle hulself weg.

Chrisjan ·

Dis hoogtyd dat die plaaslike gemeenskappe begin optree teen kriminele.Vergeet maar van die SAP.Hulle is net daarop ingestel om die krimineel se regte te beskerm.Die gewone wetsgehoorsame belasting betalende lands burger se regte kom heel laaste ter sprake indien wel.Tot nou toe is Fikile Mbalula morsdood stil oor plaasaanvalle.Hy maak seker hy verryk hom in sy pos so goed hy kan en het vrede met die plaasaanvalle.Hoe so wese ‘n minister gemaak kan word is onverstaanbaar.

Liewe heksi ·

Siestog nou moet ons hom seker jammerkry en nou le hy daar op MY belastinggeld, en My geld moet hom behandel terwyl die aangerande boere se mediese fondse self daarvoor moet betaal Die land is regtig besig om na die verkeerde kant toe oor te hel. MAg ek dit ontsnap voor dit te laat is. Die arme boer gaan seker weer aangekla word .. asook diegene wat die ‘liewe verdagtetjie want net kom geselskap soek het’ reggesien het.

Chris ·

O tog! die arme buurtwag in nou in die moeilikheid. Hulle moes nie die arme verdagte hard hanteer het nie.
Die buurtwag gaan nou die skurke wees en die verdagte die ‘hero’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.