Verdagte in lughawerooftogte in Jhb vasgetrek

Die vermeende bendelid is in Houghton vasgetrek en kan glo met verskeie rooftogte verbind word. (Foto: Johannesburg-metropolisie)

’n Vermeende bendelid wat na bewering met ’n reeks lughawerooftogte in Johannesburg verbind kan word, is die afgelope naweek in Houghton in Johannesburg vasgetrek.

Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê beamptes van die geheime reaksie-eenheid was Saterdag op patrollie in die middestad toe hulle inligting ontvang het dat ’n wit BMW in ’n gewapende rooftog in Bryanston gebruik is.

Die motor is glo in Yeoville opgemerk.

Volgens Fihla het die betrokke beamptes die voertuig in Houghtonrylaan en St. Patrickweg onderskep.

Die verdagte het ‘n ongelisensieerde vuurwapen by hom gehad. (Foto: Johannesburg-metropolisie)

“Toe die voertuig en bestuurder deursoek is, het beamptes ’n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind. Gesteelde eiendom, waaronder ’n iPad, iPhone, skootrekenaar en vier tasse met onder meer klere, is ook in die voertuig gevind,” het Fihla gesê.

Die eienaar van die gesteelde goedere is na die toneel ontbied en het volgens Fihla bevestig dat hy en sy gesin van die OR Tambo-lughawe op pad huis toe beroof is. ’n Vuurwapen is glo ook tydens die rooftog op dié slagoffers gerig.

Die man het ook die gesteelde eiendom uitgeken.

Die verdagte word tans by die Hillbrow-polisiestasie aangehou en kan glo ook met ander soortgelyke lughaweverwante rooftogte verbind word.

Tasse vol klere is ook in die verdagte se besit gevind. (Foto: Johannesburg-metropolisie)

 

Tasse vol klere is ook in die verdagte se besit gevind. (Foto: Johannesburg-metropolisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Staat word deur die Mafia en sindikate beheer. Die verval van ‘n land word gekenmerk deur die styging in kriminele dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.