Verdagte in skietery met polisie dood

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

’n Man is Woensdagaand tydens ’n skietery met die polisie in KwaNdengezi, Durban, in kruisvuur doodgeskiet.

Dít volg nadat ’n man vroeër die aand, omstreeks 20:30, by die hek van sy huis in Mkhiwane-singel deur drie aanvallers oorval is. Een van die drie was gewapen.

Nog twee makkers het elders in ʼn wegkommotor gewag, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Volgens Gwala het die verdagtes die vuurwapen op die man gerig en aangedring op sy motorsleutels. Die man het hom egter teëgesit wat in ’n struweling ontaard het. ’n Skoot het in die struweling afgegaan maar niemand is beseer nie, het Gwala gesê.

Die polisie het op dié voorval gereageer waarna daar ’n skietery tussen die polisie en drie verdagtes uitgebreek het. Een van die verdagtes, vermoedelik in sy 20’s, is in die kruisvuur noodlottig gewond. Dié man was in besit van ’n 9 mm-pistool asook twee patrone.

Volgens Gwala is daar ’n toestel in sy besit gevind wat gebruik word om die werking van motors se afstandbeheer te belemmer.

Een van die verdagtes kon daarin slaag om te weg te kom, terwyl die ander een asook die twee in die wegkommotor op die plek in hegtenis geneem is. Die verdagtes se ouderdomme strek van 21 tot 34.

Die verdagtes sal binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gepoogde motorkaping, het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heksie ·

Jammer hulle is nie almal P4 nie, want nou gaan uitgereikte hofsake begin, wat ons net weer ‘n hoop geld uit die sak gaan jaag en op die ou end moet ons belastinggeld hul in die tronk ook onderhou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.