Verdagte in smokkelsaak wil glo omkoop

(Foto: pixabay)

ʼn Verdagte wat saam met drie vermeende medepligtiges in ʼn renoster-smokkelarysaak aangekeer is, het glo boonop probeer om ʼn polisiebeampte met R100 000 om te koop.

Yansen Feng het Donderdag op ʼn smokkelverwante klag in die Randburg-landdroshof verskyn, waar hy die ondersoekbeampte na bewering gevra het om te verseker dat hy op borgtog vrygelaat word – en hom glo R100 000 in ruil daarvoor aangebied het, het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die polisiebeampte het dit aangemeld en die Valke het ʼn operasie gereël om die kamma-transaksie te laat voortgaan. Feng en sy drie medebeskuldigdes is daarna ook van korrupsie aangekla en daar is beslag gelê op die geld.

Hulle verskyn Maandag in die hof op dié aanklag, het Mogale gesê.

“Daar is vasgestel dat die verdagtes glo beplan het om die polisie te beroof nadat die transaksie afgehandel is. Die hulp van die polisie se taakmag is ingeroep om te verseker dié plan slaag nie.”

Mogale het gesê buiten die R100 000 is nóg geld by die verdagtes gekry. Die polisie het ook daarop beslag gelê.

Hulle verskyn Maandag in die hof op die aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cecil ·

Baie dankie vir die poliesiebeamte se eerlikheid. As almal maar net so kon wees.
Hy verdien om nou van daai geld te kry vir sy eerlikheid.

SomeOne ·

r100,000 is nie geld nie , as hy van r10,000,000 gepraat het was dit dalk aanvaarbaar

FM ·

Sulke nuus laat my glo ons land se mense het nog integriteit. Dankie hiervoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.