Verdagte in Tazné se verdwyning vas  

Die 54-jarige Moehydien Pangaker, wat sedert 8 Februarie gesoek word in verband met die verdwyning van die agtjarige Tazné van Wyk, is in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Die Cradock-distrikspolisie het Pangaker Maandag omstreeks 22:15 in hegtenis geneem. Volgens die polisie is hy op aanklag van ontvoering in hegtenis geneem. Pangaker sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Cradock verskyn.

Die vermiste Tazné van Wyk is nie saam met hom gevind nie. Die polisie in Cradock het mense versoek om enige inligting wat kan lei tot die opsporing van die vermiste kind by hulle in te dien. Soektogte in die Wes-Kaap duur ook voort.

Maroela Media het vroeër berig Tazné het op 7 Februarie weggeraak toe sy na ʼn winkel oorkant hulle huis in Clarestraat in Ravensmead in die Wes-Kaap gestap het.

Tazné se ouers kyk na foto’s van haar in hul sitkamer. Foto: Eunice Stoltz

Die niewinsgewende organisasie, Enough is Enough, wat nou saam met die polisie werk, het ʼn ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om op die soektog na Tazné te fokus, noudat Pangaker vasgetrek is.

“Soos ons na Pangaker gesoek het, moet ons nou na Tazné soek. Sy is ons nommereen-prioriteit. Hy is nou waar hy hoort,” sê ʼn bron binne dié organisasie.

Volgens die bron is daar nuwe inligting wat kan lei tot die opspoor van die agtjarige, maar dit kan nog nie met sekerheid bekendgemaak word nie. Die bron voeg by dat ʼn soektog moontlik vir later vandag (Dinsdag) of vroeg môreoggend beplan word. Die presiese besonderhede oor waar dit gaan plaasvind, moet nog bevestig word.

Intussen word elke inwoner aangemoedig om op die uitkyk vir Tazné te wees en die beskikbare pamflette wyd te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sniperwolf ·

Die stomme kind. Almal in die huis waar hy was, was bewus van sy geskiedenis. Waarom nie die hele buurt waarsku nie. Hierdie monsters moet soos melaatses in ‘n kolonie afgesonder word en nooit weer toegelaat word in die samelewing nie.

ES ·

Daar is alreeds sulke plekke – dit word die “tronk” genoem… net jammer dit rehabiliteer nie die kriminele nie.

Plaaskind ·

Hoop sy word ongedeurd gevind. Sterke vir die ouers en familie betrokke.

Melanie ·

Hoe slaap n ouer as jy weet jy kind is in die hande van n monster?? en nogsteeds nie gevind nie Nadat hy reeds gevang is? dis verskriklik. my gebede aan die ouers.. en kleine engeltjie ek bid jy word ongedeurd gevind en hy het jou nie geloof in die gemeenskap laat verloor nie.. Ons sal aanhou soek en bid totdat jy veilig en sonder kommer weer by jou familie is.

Amatambo ·

Sterkte aan diekindjie se ouers – ek kan my indink hoe hulle moet voel, nie wetend of hulle kind nog leef – of nie. As dit man wat gevqang is, wél iets met haar verdwyning te doen gehad het, moet hy geswing word om BAIEvinnig te praat… Mar die HERE SY beskermende hande oor daardie kindjie en haar gesin hou en dat sy gou lewend sal terugkom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.