Verdagte kritiek ná hy probeer ontsnap

Die skag. Foto: Verskaf.

ʼn 40-jarige man wat tereg staan op ʼn aanklag van roof is in ʼn kritieke toestand nadat hy twee verdiepings ver in ʼn hysbakskag afgeval het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Dinsdagmiddag by die Wynberg-landdroshof in Kaapstad plaasgevind.

“Toe paramedici omstreeks 17:00 by die toneel aankom het hulle die man onder in die skag aangetref,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens haar het paramedici by die leer wat aan muur vasgebout is afgeklim om die man te bereik. Die man was in ʼn kritieke toestand.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man was in aanhouding en sou Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van roof.

“Tydens sy poging om te ontsnap het hy in die skag afgeval,” het Traut gesê.

Van Huyssteen het gesê die brandweer se reddingspan, die metro-nooddienste asook hul paramedici het saamgewerk om die man in ’n ambulans te kry en hom saam met ’n polisievoertuig na die Groote Schuur-hospitaal te vervoer vir verdere mediese behandeling.

Traut het bevestig die man is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Los hom ·

Pleks dat hulle hom net daar gelos het. Nou moet ons belasting geld nog sy hospitaal on kostes ook betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.