Verdagte kritiek ná inbraak op kleinhoewe

Argieffoto

ʼn Vermeende inbreker is in die hospitaal opgeneem nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Potchefstroom geskiet is.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het net na 01:00 op ʼn kleinhoewe in die Vyfhoek-omgewing plaasgevind.

Volgens Myburgh is daar twee huise op die kleinhoewe waarin die eienaar van die hoewe en ʼn huurder onderskeidelik woon. Die huurder het omstreeks 21:00 gehoor hoe glas êrens in die huis breek. Sy het ondersoek ingestel en gesien dat ʼn venster van die huis gebreek is.

“Die huurder en die eienaar het in en om die huis rondgekyk, maar het niks buitengewoons opgemerk nie, behalwe vir die gebreekte venster. Hulle het besluit dat die huurder eerder in die eienaar se huis sou oornag totdat die venster die volgende dag herstel kon word,” het Myburgh gesê.

Net na 01:00 het die eienaar weer gehoor hoe glas by die huurhuis breek en hy het gaan ondersoek instel. Hy het na bewering gesien hoe drie verdagtes goedere uit die huis uitdra. “Skote is afgevuur en een van die verdagtes is gewond,” het Myburgh gesê. Die ander twee verdagtes het op die vlug geslaan.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn man in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy het ʼn skietwond in sy arm en in sy bolyf opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Myburgh het bevestig dat ʼn 47-jarige verdagte onder polisiebewaking in die hospitaal behandel word. “Ons speurders is nog op die toneel, so dit is nog nie duidelik watter sake alles ondersoek sal word nie. ʼn Saak van huisbraak sal beslis geopen word aangesien daar beslag gelê is op ʼn televisie wat uit die huis gesteel is. Nog sake kan egter later bygevoeg word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leeu ·

Ek hoop hy het onbeskryflik seer, en vrek van sy wonde na hy gesuffer het.

m ·

Die ding weet nou daar is n vuurwapen so volgende keer kom hy terug met 10 maatjies.

Gatvol ·

Nou gaan die boer seker weer aangekla word vir poging tot moord op die “arme onskuldige” regstellende agtergeblewene burger!

Charmain ·

Hoe se die spreekwoord? What goes around, comes around!!

willie ·

moet asb nou nie weer die eienaar aankla vir poging tot moord nie! hulle was betreders wat besig was om ñ misdaad te pleeg op sy eiendom!

Haan ·

Sien julle nou watter verskil n wapen in die hande van n parate man kan maak? En dit is presies dieselfde area as waar die sakeman laasweek vermoor is. Baie mooi ou maat!

Ouma ·

Ja daar sal ‘n hofsaak moet wees. Dit is mos hoe die reg werk. Ons kan nie net sê dit was selfverdeding nie. Die hòf moet so besluit om die saak te kan sluit. Dit is net sekere mense wat mense kan doodry en nie vervolg word nie . Gelukkig bestaan private vervolging ook nou.

Theresa ·

Polisie/speurders moet kyk of hierdie knape nie gekoppel kan word met al die misdaad/moord wat in daardie omgewings plaasvind nie.
Hoop die skuim word goed bewaak in hospitaal. Word hy darem toegesluit die oomblik as hy sy asem terugkry? of word hy nou opgepiep in die hospitaal?

Boet Fasie ·

Mooi man, hoop daai wond raak vreeslik septies dat hy kan verrot in die tronk, of gaan hy nou mediese parool kry ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.