Verdagte met drie vuurwapens betrap

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 47-jarige man moet Maandag in die Hanover-landdroshof verskyn nadat hy met drie onwettige vuurwapens en ammunisie in sy besit vasgetrek is.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê die man is Vrydagmiddag in die Mtulwa-omgewing tydens ʼn gesamentlike poging deur die Port Shepstone-polisie se openbare orde-eenheid en die Umgungundlovu-Noord-polisiegroepering se misdaadintelligensie-eenheid in hegtenis geneem.

“Die polisie was besig met ʼn intelligensiegedrewe-operasie toe hulle ʼn voertuig in Mr Eliasweg voorgekeer en deursoek het,” het Mbhele gesê.

“Die polisie het ʼn R5-geweer, 308-geweer en ʼn Z88-pistool asook ammunisie gevind en daarop beslag gelê. Al die vuurwapens se reeksnommers was afgevyl.”

Voorlopige ondersoek het ook bepaal dat die voertuig waarmee die verdagte gery het, in die begin van November in die Pietermaritzburg-omgewing gekaap is.

“Die 308-geweer is twee dae gelede tydens ʼn huisbraak in die Newton-omgewing in KwaDukuza gesteel.”

Die man moet Maandag in die hof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy sal moontlik ook met die kaping- en huisbraakvoorval verbind en aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert ·

Die R5 is deur mediecs in die weermag gebruik , hoe en waar kry mense daai tiepe outomatiese gewere wat in n minuut tot 20 tot 30 rontes kan af vuur .

HFC ·

Gert, ‘n R5 vuur tussen 650 en 750 rondtes per minuut, dis meer 20 tot 30 magasyne wat 30 rondtes vat per minuut.

Johanna Botha ·

Die weermag is nou so useless hulle het seker die gewere gekoop by die mense wat veronderstel is om vwilige bewaaring te bewerk …sien mos wat by die polisie gebeur !

SO ·

Swak sekuriteit t.o.v. die veilige bewaring van wapens soos R5 gewere. Dit hoort agter slot en grendel en nie op straat.

Werner ·

R5 word deur die polissie ook gebruik tien teen een was daai polissie wapens omdat z88 ook deur Pol gebruik word

Vermeende ·

Wie gebruik almal die R5 aanvals geweer, spes magts, pantser en utuurlik ook die SAPD.
Wapenbeheer is die weermag is uiters streng.
Daai wapen kom uit n SAPD kluis uit.

m.wiebosch ·

Wapen beheer in sa army is op vele indien nie al die basisse pateties. Sapd beheer oor wapens geld net vir wettige lisensie houers. Wettige lisensie houers met toegewyde status kan ook sulke wspens besit, net nie vol outomaties nie. My bet, die pistool Z88 en r5 is polisiewapens.

PJC ·

Ek wonder ook hoekom die polisie nooit vir ons kan sê waar kom misdadigers aan goed soos R5 gewere nie. Sal graag ook so een wil besit vir wanneer die kwaaddoeners in die nag by my opdaag.

Dirk01 ·

Die R5 of LM5 soos dit genoem word , word ook deur sekuriteit maatskappye gebruik en kan gekoop word deur sulke ineenstellings behalwe met die automatiese vuur funksie asook die Z88 alhoewel die polisie en weermag dit vir lank as uitgereikte wapens of polisie wapens gebruik is , Die wapens was deur Littleton Engineering van Krygkor vervaardig .So dit word weer bewys stop en deur soek asook pad blokkades is goud werd .

Shaun ·

Dirk kyk mooi . Daardie R5 het die meganisme om n bayonet op te sit . Dus heel waarskynlik n militêre wapen . Z88 word ook deur die weermag gebruik . Nieteenstaande moet ons wetsgehoorsame burgers onsself verdedig teen so n oormag van vuurkrag . Dis nou AS jou lisensie goedgekeur word na n laaaaaang wag !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.