Verdagte met gekaapte Isuzu aangekeer

Argieffoto

Lede van die Ekurhuleni-metropolisie se Duduza-distrik is Saterdag deur ʼn motoropsporingsmaatskappy laat weet dat ʼn bakkie omstreeks 14:00 op Dunottar naby Nigel gekaap is.

Metropolisiebeamptes het nie op hulle laat wag nie en kon die gekaapte voertuig in ʼn oop veld naby die Dunottar-hoewes in die rigting van Sharonpark opspoor, sê hoofsuperintendent Wilfred M. Kgasago, metropolisiewoordvoerder.

Die beamptes het die bestuurder gedwing om stil te hou en hom in hegtenis geneem. Die 25-jarige verdagte het die metropolisie se opdragte om stil te hou eers verontagsaam en probeer wegjaag.

Hy het beweer twee mense van Daveyton aan die Oos-Rand het hom die voertuig gegee om die opsporingstoestel in die voertuig op te spoor en te verwyder.

Die Isuzu-ligteafleweringsvoertuig is na die Van Ryn Deep-polisiestasie in Benoni gesleep vir verdere ondersoek en veilige bewaring.

Die verdagte is in die Dunottar-polisiestasie aangehou. Hy word van die besit van ʼn gekaapte voertuig aangekla en sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karolis ·

Henk, jou janloersie.
Jy kan maar volgende keer loop, ek laai nie weer rylopers op nie.

Schalk ·

Sal na verwagting tipies, want miskien is daar weer nkorrupte amptenaar dan ontsnap hy per ongeluk.Cele moet die onbevoegdes uithaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.