Verdagte ná inbraak doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

ʼn Verdagte is vandeesweek in Rustenburg doodgeskiet nadat daar by ʼn onderneming wat motoronderdele verkoop ingebreek is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag gesê die polisie het Dinsdagaand om 22:00 op ʼn wenk gereageer dat die verdagtes by die onderneming in die sentrale sakekern ingebreek het.

“Die verdagtes is gesien toe hulle die plek in ʼn wit Toyota Quantum verlaat het. Toe die insittendes die polisie sien, het die verdagtes glo op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte, ʼn 25-jarige man, noodlottig gewond,” het Makau gesê.

Volgens Makau is vyf verdagtes, tussen 27 en 32 jaar oud, op die toneel in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van inbraak, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GM ·

Dis hoe dit gedoen moet word. Nou moet hul net nie ‘ontsnap’, of op borg vrygelaat word nie.
Paragraaf 2 moet ‘ingebreek het’ of net ‘inbreek’ wees in plaas van net ‘ingebreek’ :-)

Landi Slatter ·

Dagsê GM

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

PJC ·

Ek voel dit is soos daar met alle inbrekers gehandel moet word ongeag deur die polisie of die publiek. Hierdie inbrekers is altyd gewapen en dodelik gevaarlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.