Verdagte nog nie aangekla oor lyk in winkeltrollie

misdaadtoneel

Argieffoto

’n Man wat sedert Woensdag in polisie-aanhouding is nadat hy met ’n liggaam in ’n winkeltrollie in Kaapstad betrap is, sal óf Vrydag formeel aangekla word óf vrygelaat word.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn verbyganger het Woensdag omstreeks 07:00 die 41-jarige man in Lavender Hill gewaar terwyl hy die liggaam in ʼn winkeltrollie gestoot het.

Volgens Van Wyk was die liggaam onder ʼn plastieksak en rommel in die winkeltrollie versteek. Die verbyganger het die voorval by die polisie aangemeld waarna die man deur die Steenberg-polisie vir ondervraging ingeneem is.

ʼn Saak van moord is na dié gruvonds aanhangig gemaak.

Van Wyk ontken egter dat die liggaam onthoof is soos elders berig word.

“Die identiteit van die oorledene is nog nie vasgestel nie en die omstandighede rakende die persoon se dood word ondersoek. Die formele ondersoek is nog nie afgehandel nie,” het Van Wyk gesê.

Hy het gesê indien die man vandag formeel aangekla word in verband met die voorval, sal hy Maandag in die hof verskyn.

Enigeiemand met inligting rakende die liggaam word versoek om die Steenberg-polisiestasie by 021 702 9000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Die winkelgroep moet die trollie vir avbob gee en nie aanhou gebruik nie.

jaco ·

“regte” ras en “verkeerde” ras van misdadiger en slagoffer is alles deurslaggewend vir arrestasie, vervolging, verhoor en vonnis.

Theoman ·

Nou toe nou, so SPAR n mens seker maar geld om n lyk per trollie te vervoer , CHEK die groote mooi uit PIC now en PAY later dan is alles OK die goed laat jou amper van jou trollie afgaan.

willem Botha ·

Wie gaan n moord ondersoek in die wes kaap die klomp hou hulle net besig met perlemoen vir”obvious reasons “natuurlik.

SjN ·

Flink dink, trollie is veeldoelige middel. By ons braai hul hoender op dit langs die straat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.