Verdagte ontbied self polisie ná moord

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn 56-jarige man is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 53-jarige vrou in Ga-Rankuwa in Pretoria.

“Die verdagte het die polisie na die toneel ontbied,” sê lt.kol. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie. “Hy het aangevoer sy vrou is in hul huis beroof en vermoor.”

Die polisie het met hul aankoms paramedici ontbied en die vrou is dood verklaar. Sy het verskeie kopbeserings opgedoen.

ʼn Voorlopige ondersoek het tot die inhegtenisneming van die man gelei as verdagte. Hy sal na verwagting Vrydag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christine ·

Ek slaan my hande saam hoe maklik dit vir sommige mense is om ‘n ander dood te maak. Vrouens en kinders lewe daagliks in die skadu van hul mans se genade. Mag geregtigheid seëvier in elke geval. Dis tragies dat ‘n lewe so min werd is in ons land.

Marius ·

Dis nou ‘n voorbeeldige moordenaar, as daar ooit so iets sou bestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.