Verdagte ontsnap uit aanhouding

Argieffoto

Die polisie in Noordwes is op die spoor van ’n verdagte wat oor die naweek saam met twee makkers uit ’n korrektiewe sentrum in Delareyville ontsnap het. Die twee makkers is intussen weer in hegtenis geneem.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê Kagiso Nakedi (20) en twee ander gevangenes, Brian Moshe Mocks Chacha (24) en Success Kuda Phiri (27), het Saterdag uit aanhouding ontsnap. Dié twee verdagtes is verhoorafwagtend.

Volgens Myburgh het korrektiewe beamptes gedurende tronksel-inspeksie agtergekom dat die drie verdagtes die diefwering van ’n venster in een van die tronkselle oopgedwing het waarna hulle deur dié venster ontsnap het.

Inligting het die polisie later die dag na ’n huis in die Kopela-nedersetting in die omgewing van Delareyville gelei waar Chacha en Phiri weer in hegtenis geneem is.

Chacha en Phiri het Maandag in die landdroshof in Delareyville verskyn op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding. Hulle sal na verwagting weer op 25 Mei in die hof verskyn.

Volgens Myburgh is daar egter nog steeds geen teken van Nakedi nie. Nakedi het ten tyde van sy ontsnapping tronkstraf uitgedien vir huisbraak en diefstal.

Die polisie doen nou ’n beroep op mense om enige inligting oor waar Nakedi hom moontlik bevind, by AO Roelf Herbst by 082 373 761 of die naaste polisiestasie aan te meld.

“Lede van die gemeenskap word versoek om nie die verdagte te probeer aankeer of konfronteer nie aangesien hy gevaarlik kan wees,” het Myburgh gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie J ·

Altyd gedink tronk tralies word net in die wilde weste oopgebuig sonder dat die sheriff dit hoor. Sheriff was seker by sy huis vir lockdown toe dit gebeur het!

Michael 1 ·

Ek het self altyd so gedink,maar in hierdie tye waar onbevoegdheid koning is is alles seker moontlik.

Elsa ·

Ontsnap? I is jy seker hul is nie “vrygelaat” oor die virus in die tronke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.