
Irsak Schalk (Foto verskaf deur die SAPD)
Die polisie in Kathu in die Noord-Kaap is op soek na Irsak Schalk (26) wat uit aanhouding ontsnap het.
“Schalk het Maandag uit die hof se aanhoudingselle ontsnap,” het maj. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. “Hy sou in die hof verskyn op aanklag van diefstal.”
Schalk het glo die diefwering van die sel oopgebreek. “Die polisie ondersoek ʼn saak van ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Mooi bygevoeg.
Enigiemand met inligting oor die verdagte word versoek om ao Cilliers of die polisie in Kathu te kontak by 053 723 9106 / 9135.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Waarom soek hulle na n verdagte as hulle weet wie die ontsnapte is?
Baie agterlosig van ons wet en orde handhawers. Te op hulle gemak gewees.
Hoe op aarde kry ‘n gevangene dit reg om die diefwering van ‘n aanhoudings sel te breek? Geen wonder daar is so baie wat ontsnap nie….
snaaks hoe hul n wit man wat ontsnap se gesig wys. die duisende anderskleurigers beskermhul en wys nie hul gesigte sommer in die media nie.
Sê Maar Net, oppas as daai man hoor wat jy sê, gaan hy jou soen.