Verdagte ontsnap uit Kathu-selle

Irsak Schalk (Foto verskaf deur die SAPD)

Irsak Schalk (Foto verskaf deur die SAPD)

Die polisie in Kathu in die Noord-Kaap is op soek na Irsak Schalk (26) wat uit aanhouding ontsnap het.

“Schalk het Maandag uit die hof se aanhoudingselle ontsnap,” het maj. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. “Hy sou in die hof verskyn op aanklag van diefstal.”

Schalk het glo die diefwering van die sel oopgebreek. “Die polisie ondersoek ʼn saak van ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Mooi bygevoeg.

Enigiemand met inligting oor die verdagte word versoek om ao Cilliers of die polisie in Kathu te kontak by 053 723 9106 / 9135.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

frikkie botes ·

Waarom soek hulle na n verdagte as hulle weet wie die ontsnapte is?

Nico Welthagen ·

Baie agterlosig van ons wet en orde handhawers. Te op hulle gemak gewees.

Tiny du Preez ·

Hoe op aarde kry ‘n gevangene dit reg om die diefwering van ‘n aanhoudings sel te breek? Geen wonder daar is so baie wat ontsnap nie….

se maar net ·

snaaks hoe hul n wit man wat ontsnap se gesig wys. die duisende anderskleurigers beskermhul en wys nie hul gesigte sommer in die media nie.

Martin ·

Sê Maar Net, oppas as daai man hoor wat jy sê, gaan hy jou soen.

BoereBikerBaby ·

LMGA se maar net, lekker gelag oor die lelik storie.

Dis snaaks hoe baie mense deesdae ontsnap, hoe kry hulle dit reg? soms tot 3 – 4 ouens op ‘n slag. Dink die bewaarders moet bietjie meer ag slaan wanneer hul veronderstel is om te werk, maar dis mos lekkerder om te sit en eet en te gesels met al die ander wat hulle altyd so ken…

Se ok maar net ·

Ek is maar bly hulle wys die witman se foto. Sommige van ons bevooroordeeldes mag dalk onwetend aan hom hulp verleen omdat hy wit is.

Izzy ·

Van waneer af word dit spesifiek gepubliseer in koerante (met ‘n foto van die dief) dat daar vir diewe gesoek word? Waar is die foto’s van die 1000de ander diewe?Plaas eerder inligting en foto’s van moordenaars en verkragters sodat die publiek hulle kan uitken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.