Verdagte op vlug lei polisie na dubbelmoord-toneel

Die ingang na KwaMbonambi. Foto: GoogleMaps

Die ingang na KwaMbonambi. Foto: GoogleMaps

ʼn Diefstalsaak het die KwaZulu-Natalse polisie Maandag tot ʼn bloedige moordtoneel van die Strauss-egpaar gelei.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die polisie het inligting opgevolg nadat verdagtes, wat weens ʼn diefstalsaak wat in Desember gepleeg is, opgespoor is.

“Die polisie het twee verdagtes in die KwaMbonambi-omgewing [noord van Richardsbaai] in ʼn Nissan Almera opgemerk en op hulle toegeslaan,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die bestuurder van die motor het van die toneel af weggehardloop en ontsnap. “Die polisie kon daarin slaag om die 21-jarige passasier aan te keer. Daar was ʼn pistool, beursie en kaarte in sy besit wat nie aan hom behoort nie. Daar was ook vermeende gesteelde goedere in die motor.”

Die polisie het navraag gedoen oor waar die besittings vandaan kom en verdere ondersoek het hulle na ʼn grusame toneel in Glendowersingel in KwaMbonambi gelei.

“ʼn Bejaarde egpaar, David (76) en Ann (73) Strauss, is dood in hul huis aangetref. Hulle het steekwonde aan hul bors gehad en hul huis was geplunder.”

Volgens Zwane is die egpaar glo deur ʼn groep verdagtes oorval, vasgebind, aangerand en vermoor voordat die verdagtes met hul buit gevlug het. “Die verdagte is kort daarna deur die polisie in verband met die diefstalondersoek aangekeer. Dié saak hou verband met ʼn voorval waartydens huishoudelike ware in Desember in Slovo gesteel is.”

Die verdagte staan tereg op twee aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van vermeende gesteelde goedere. Hy moet binnekort in die KwaMbonambi-landdroshof verskyn. “Die vuurwapen wat in sy besit gevind is, behoort aan die slagoffers,” het Zwane bygevoeg.

Die soektog na die verdagte se medepligtiges duur voort. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal alles in hul vermoë doen om die verdagtes aan te keer en te laat vervolg.

Ngobeni het die KwaMbonambi-polisie geloof vir hul op en wakker optrede wat tot die inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Rynhardt ·

Dit is net wittes en nogmaals wittes wat uitgemoor word.As wittes nie uitgemoor word nie, word hul aangesrand.Wittes gaan ook meer in stedelike gebiede geteiken word! Almal, veral vrouens sal wappens op hul moet dra vir selfverdediging.Dit gaan al hoe erger raak landwyd.

Moeks ·

Dit gebeur alreeds in stedelike gebiede. Was saam met my dogter van 12 self slagoffers gewees. Ons was gelukkig. So hartseer dat twee weerlose mense met hul lewe moes boet. Sterkte aan hul familie en vriende.

Johann Marx ·

‘n Boelie het nog nooit opgehou omdat iemand met hom “mooi gepraat” het nie. ‘n Boelie hou op boelie as iemand hom hard op sy smoel moker. Dis tyd….Ons kan nie langer so stilsit en uitgemoor word nie. Dis nie meer aanvaarbaar in ‘n sogenaamde “beskaafde” land nie.

lien. ·

Dit is so dit is waarom die wittes moet stem vir steve hoffmeyer om sy eie party te stig

Vurkstief ·

Agge nee Lien, dis ongevraagd! Regtig?? Hy kan niks vir ons doen nie,

Dee ·

Ag Lien, soos Vurkstief jou probeer laat verstaan, gaan lees verder cowboy-boekies en laat die besluite aan grootmense oor.

MCS ·

Ons sal ons kinders moet leer om vuurwapens tegebruik! Ons kan net nie anders! Dit raak n geval van lewe en dood!

dries ·

Die groot rede hoekom ons geldwaarde so swak is,is hierdie onmenslike dierlike metodes hoe mense sterf. Die wereld daar buite sien wat hier aangaan en in hierdie land gaan almal swaar kry, maak nie saak swart bruin of wit.

Roxy ·

Ons innige meegevoel gaan na die egpaar se familie, dit is skandelik hoe die misdadigers die ou mensies vermoor, daar is nie woorde om te beskryf hoe brutaal hierdie moorde plaasvind nie, sies man!! Moet ook die polisie bedank vir hul flink optrede, hoop die 2de verdagte word sommer spoedig vasgekeer.

Theresa ·

Waar kan mens die statistiek bekom van hoeveel blanke Suid-Afrikaners nog in die land oor is, asb?

Dee ·

Moet nie jou steur aan my syfer nie. Ek het vinnig getel maar dink dat ek naby aan reg is.

Deon ·

Three Meelion and Fo Hundred and Five thousand and twenty eleven. And Fourty. Listen properly.

DPJ ·

Ek vra net vir die laaste een vra wat aan geval word om krag te bespaar en die krag af te sit.

Willie ·

Wat gebeur as jy jouself verdedig? Word jy aangekla van moord of aanranding? Die klomp in Parys was verskriklik Maar wat gebeur sal ek graag wil weet

Paul ·

Willie,
Moordenaars, aanranders, rowers en kriminele het geen menseregte om op te roem nie want hule optrede het hul menseregte uitgevee.
Ek stem saam die aanval op die boer in Parys was verskriklik en vra geregtigheid.

A ·

Hou die misdadigers agter tralies….. vandag se selfoondief word more se moordenaar….

GATVOL ·

Ek en so glo ek, baie ander WITTES, is GATVOL vir die moorde op boere, bejaardes en die aanranding, verkragting en moorde op ons Volk. En ja, ek beveilig myself ek is 56jaar oud. As ek dit nie doen nie, wie gaan??

Johannes Meintjes ·

Maar steeds versuim ons om ons gemeenskapsforums, buurtwagte, plaaswagte, opskamers en nasionale statistiek en misdaadtendense (veral die oorsprong, bendes en sindikate) na behore self te bestuur, terwyl die internasionale, nasionale en plaaslike reklame oor volksmoord voortgesit word en die regering toenemend onder druk geplaas word om met objektiewe geretigheid te regeer. Ons bloei steeds want ons ginnegaap steeds.

Peet J ·

Dit wil voorkom asof die misdadigers nou ook op klein dorpies waar bejaardes woonagtig is begin toeslaan wat natuurlik in hulle guns tel weens die minimum beweging van inwoners en so te sê geen Polisiebeskerming nie.
Volgens die kommentare is ons almal ontstoke en bekommerd oor die aanhoudende moorde op ons wittes en dat iets daaromtrent gedoen behoort te word dus stel ek voor dat ons, ons misnoeë op die F W de Klerk face boek bekend maak asook AfriForum en Solidariteit en enige ander instansie wat teen misdaad gekant is versoek om die F W de Klerk stigting in die verband te nader.
Mnre. de Klerk en Flip Buys gaan op 2 Februarie 2016 die jaarlikse Konferensie in Kaapstad bywoon om die toekoms van ” Multiculturalism” in Suid Afrika te bespreek en kan dan heel moontlik ook na die toenemende misdaad verwys.
My innige simpatie met die familie van die vermoordes.

Hannelie ·

Die gemors van die land……. Elke dag die ou selfde storie. Maar wat word daaraan gedoen, aan hierdie sinnelose moorde? NIKS, absoluut niks.

Hartseer ·

So ongelooflik hartseer vir hierdie arme mense. Aan die Polisie, so trots op julle, julle is daar vir die passie van dienslewering, wow een van die mooiste karakter trekke wat iemand kan hê, wens mens kon uitsonderings maak, julle in publiek plaas en elkeen ‘n bonus gee!!!!!!!

annette duvenhage ·

Johan Marx ek stem volkome saam met jou. En ja, daar is niks beskaafd aan SA nie. Beskaafde mense moor en roof nie sover hulle gaan nie. Net omdat jy wit is SAL hulle jou vermoor. Boonop as jy oud is en nie kan terugbaklei nie is dit mos so maklik as om lekkers by ‘n kind af te neem. Al woord wat pas is dat hulle “Cowards” is want hulle kom soos honde in Packs om hulle prooi te vang en vermorsel en hoe meer bloed daar is hoe erger kom die barbaar na vore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.