Bedrywighede is Dinsdag by die Gautrain-stasie in Sandton ontwrig toe ʼn verdagte pakkie opgespoor is.
“Die polisie het bevestig dat die pakkie nie gevaarlik is nie,” het Errol Braithwaite, woordvoerder vir die Bombela Concession Company, gesê. “Hulle het die pakkie gekonfiskeer.”
Braithwaite sê passasiers is dadelik by die stasie ontruim toe veiligheidswagte die pakkie opgemerk het. Ander treine kon die stasie vermy en het nie stilgehou nie.
“Die ontwrigting het minder as 30 minute lank geduur,” het hy bygevoeg. Bedrywighede het intussen hervat.