‘Verdagte pakkie’ toe baba in sak

Die sak waarin die baba gevind is. Foto: Rusa/Facebook

Die sak waarin die baba gevind is. Foto: Rusa/Facebook

ʼn Twee dae oue baba is Maandag in ʼn inkopiesak in ʼn winkelsentrum in Tongaat, KwaZulu-Natal, gevind.

Volgens die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) is hulle Maandag na die winkelsentrum ontbied nadat ʼn verdagte pakkie opgemerk is. Die pakkie is intussen na ʼn winkel in die sentrum geneem.

Die pakkie het glo eers in ʼn gang in die winkelsentrum gestaan waarna ʼn huishulp dit opgetel en na die winkel geneem het. Sy het glo gedink daar is kruideniersware in, maar het dit opgemaak en gesien dit is ʼn baba. Die naelstring was nog aangeheg en paramedici het die baba na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die baba word deur paramedici behandel. Foto: Rusa/Facebook

Die baba word deur paramedici behandel. Foto: Rusa/Facebook

Volgens Rusa het hulle inligting ontvang dat ʼn 18-jarige vrou vroeër die oggend van ʼn kliniek in die omgewing met haar baba verdwyn het nadat sy gekraam het.

Die polisie het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van kinderverwaarlosing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

m ·

Nou weer geweet hoe om die kind te maak maar soek nie die verantwoordelikheid nie. Dat iemand so laag kan daal maak my siek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Vra net ·

M – Het jy al ooit jouself die vraag afgevra… Wat as sy dalk verkrag was?

Adoons ·

Vra net, in so ‘n geval is daar mos ander opsies: wettige aborsie byvoorbeeld, of as die babatjie gebore word, gaan soek jy erens hulp en vra dat hulle die baba uit jou sorg verwyder.

VerVanRyn ·

Vra net, wat daar van as sy verkrag is? Moet die arme kind nou ook ly agv daarvan? Moet die ma nou net so bose ding doen soos die verkragters en die kind laat dood gaan?

Kandas ·

Dit moet eintlik eerder poging tot moord wees as kinderverwaarlosing. Want daai simpel ma moet mos weet die kind sal doodgaan sonder versorging.

Ronel ·

Hemel behoede ons! Dit gebeur wanneer die klein mensies groot mens wereld wil betree.
Daar is soveel ouers was smag na ‘n baba, party babas word sommer net weg gegooi!

Confused ·

Dan gaan jy vir ‘n aborsie of laat die baba aan neem. Maar sit hom / haar beslis nie in ‘n sak neer in ‘n winkelsentrum nie !!!!

Louise ·

Kandas, ek stem 100% met jou saam.
Die is poging tot moord en nie verwaarlosing nie.
Verwaarlosing is wanneer n kind in IEMAND se sorg is wat nie vir die kind omsien nie.
Die arme babatjie was agtergelaat vir die dood en die LAND behoort hulle KOPPE in smaamte te sak dat hulle so iets toelaat.
En die jong dame is groot genoeg om verantwoordelikheid te vat vir haar dade.
Lankal nie meer n kind nie. As jy groot mens goed doen dan vat jy groot mens verantwoordelikheid ook.

Theresa B ·

Ek dink ook nie dat alle babas wat orals in asblikke en sakke en die veld gelos word is almal ma’s wat verkrag is nie. Jy gaan soek hulp. Maar soos dit oor en oor bewys is (met alles in die land) word die maklikste uitweg altyd gekies – ten koste van ander.

JUDITH ·

Kandas, ek stem saam met jou, as die ma nie die kind wil hê nie, hemel daar is ouers wat smag na ‘n baba, hoekom die baba weg gooi, die kind het nie gevra om daar te wees nie!!! dit maak my so kwaad , hoeveel gevalle het ons nou al van gehoor, babas in asblik gevind, baba by ashoop gevind.. dit is vreeslik. Asseblief mamma’s daarbuite gaan soek hulp voordat jy so iets oorweeg.

Mick ·

@Judith. Goeie punt van jou. Die straat-taal noem dit ” Michael Jackson Money”. Die vrou gee geboorte, registreer die kind, en met die papierwerk in die hand kan sy ‘n toelaag eis vir die volgende agtien jaar. Natuurlik het sy al ‘n paar kinders so op ge-gee. Dis ek en jy wat ons ontferm en sal sorg of toesien dat die kind geholpe raak. Dis om van siek te raak. Maar moet tog nooit ooit na ander verwys as “Diere” nie. Dis glo erger as om ‘n kind in ‘n sak te los by Checkers. Maak mens baie kwaad.

Vra maar net ·

Die mense dink almal ons is ‘n eerste wêreld land maar ons is ‘n agter geblewe land waar sulke dinge daagli.k gebeur.
Mense het ‘n ander siening as eerste wêreldland.

Laurika ·

Los dan eerder die kind in die hospitaal en waai? Maar die winkelsentrum… nee hoor

Vra net ·

Inderdaad is dit onmenslik om so iets te doen!! @ Confused – Is aborsie nou n veel beter keuse as om ‘n baba in die veld los??? Aborsies is ook nie ‘n oplossing of uitweg nie, dit is net so onmenslik en gevoeloos. Probeer liewer ‘n voorbehoed middle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.