Verdagte raak aan die slaap ná verkragting

Argieffoto

Die polisie in Ritavi, Limpopo, hoef nie ver te gesoek het vir ʼn 23-jarige wat glo ʼn 67-jarige vrou verkrag het nie.

“Die vrou het in haar huis gelê en slaap toe sy gehoor het hoe ʼn venster gebreek word,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het die verdagte gesien en hy het dadelik op haar gespring en haar verkrag.”

Die verkragter het daarna aan die slaap geraak. “Die slagoffer kon haar bure in kennis stel en hulle het die polisie ontbied,” het Mojapelo bygevoeg.

Die verdagte het nog diep geslaap toe beamptes by die toneel opgedaag en hom in hegtenis geneem het. Hy sal na verwagting môre in die Ritavi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.