Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting ontvang dat drie verdagtes wat gesoek was op aanklagte van moord, poging tot moord, aanranding en opsetlike saakbeskadiging, is in Mondlo gesien. Die Vryheid-gebied se taakspan, die misdaadintelligensie-eenheid en lede van die Mondlo SAPD het die verdagtes in die Mkhumbane-gebied in ʼn voertuig gesien en afgetrek.
Die polisie het twee van die verdagtes, onderskeidelik 21 en 27 jaar oud, in hegtenis geneem. Terwyl hulle besig was om die voertuig te deursoek, het die derde verdagte weggehardloop en die polisie het hom agternagesit. Gedurende die jaagtog het die verdagte ʼn polisiebeampte en ‘n inwoner geskiet.
Die verdagte het daarna in ʼn badkamer weggekruip, waar hy homself geskiet het. Hy is in hegtenis geneem en na ʼn hospitaal gehaas, waar hy later dood is. Volgens Naicker is ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind.
Die polisiebeampte en die inwoner word tans in ʼn hospitaal behandel. Naicker het gesê die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Nquthu-landdroshof verskyn.
MOOI. Bevind homself skuldig en stel homself tereg.
Mooi Martin!!