Verdagte smokkel glo springstof in lykswa

Die springstoftoestelle waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

ʼn 30-jarige verdagte is Sondagmiddag by die Beitbrug-grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika in hegtenis geneem nadat die polisie glo springstof ter waarde van derduisende rande in die verdagte se besit gevind het. Die verdagte het na bewering die springstof in ʼn lykswa uit die land probeer smokkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het die middag by die grenspos aangekom in  ʼn lykswa van ʼn begrafnisonderneming in Johannesburg met ʼn sleepwaentjie agterna.

Die polisie het die lykswa en sleepwaentjie deursoek en 306 springstoftoestelle en vier knalkoorde ter waarde van R700 800 in die waentjie gevind. Die bestuurder van die lykswa is terstond in hegtenis geneem.

Die verdagte, wat ʼn buitelandse burger is, sal na verwagting eersdaags in die Musina-landdroshof verskyn op ʼn klag van smokkel van springstowwe.

Mojapelo sê dié voorval volg ʼn week nadat verdagtes by dieselfde grenspos vasgetrek is vir die smokkel van onwettige sigarette wat hulle in ʼn tenkwa probeer wegsteek het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris van Limpopo, het die lede van die polisie geloof vir hul waaksaamheid en toewyding om die smokkelaars die afgelope week by die Beitbrug-grenspos in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marius ·

Laat weet vir emmerseun dat hy op pad was om hulle op te blaas en stuur hom dan terug .

Genis ·

Hier is n grooter prentjie.. wat wil hulle met die springstof maak? Transito, Kitsbanke, Tereur? Dit gaan lekker hier in SA

Termiet ·

Die belangriste vraag is, waar kry hulle dit. Dit beteken dat daar genoeg in omloop in sa is om ‘n oorlog te begin.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hulle wou seker bietjie skop in die “after paartie” na die begrafnis sit.

Eerlik ·

Waarheen is al die springstof opad, dis nou die 2de geval binne n week en die oorsprong is Zimbabwe……

Tino ·

So baie vrae:

Waar kom dit vandaan?
Waarheen was dit opad?
Wie was die teiken?
Is ISIS betrokke?
Ensomeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.