Verdagte steeds soek ná tiener se nagklub-moord

Henrique Scott (Foto: Henrique Scott/Facebook)

Die polisie in Humewood, Gqeberha, het die publiek genader om ʼn verdagte of ooggetuies op te spoor ná ʼn moord op 24 Desember 2021 buite ʼn nagklub in Slaterstraat.

“Henrique Scott (18) en ʼn vriend het glo vroeër die aand by die nagklub opgedaag,” sê kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie. “Scott se vriend het ingegaan, maar Scott is toegang geweier. Na bewering het hy buite met mense in ʼn fisiese onderonsie betrokke geraak.”

Toe die nagklub om 23:00 gesluit het weens Covid-19-inperkingsregulasies, is Scott ʼn paar meter van die nagklub se ingang op die grond aangetref. Hy het twee meswonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

“Die polisie is op 28 Desember 2021 in kennis gestel dat hy aan sy beserings beswyk het. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak vir ondersoek.”

Beeldmateriaal van die voorval het op sosiale media versprei en die polisie glo dat verskeie mense die voorval sien gebeur het. “Die verdagte het ʼn rooi serp as masker gedra met ʼn wit T-hemp, swart broek en hy het Rastalokke. Die verdagte is tussen 20 en 30 jaar oud.”

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat die voorval sien gebeur het of enigiemand wat inligting oor die verdagte het, om speurdersersant Nolan Human by die SAPD Humewood te kontak by 041 504 5137 of 082 779 7209. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Ek slaan my hande saam hoe maklik mense sommer net deesdae moor wanneer hulle ‘n onderonsie het. Sommer net so, op straat, met menigde kameras en toeskouers. Wat gaan aan met ons nasie?

Swerwer ·

Hierdie Kommunistiese optrede van die wesens het nou hand uitgeruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.