Verdagte sterf, boer beseer ná struweling op plaas

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Beweerde plaasaanvaller is dood nadat ʼn struweling tussen hom en ʼn boer op ʼn plaas by Cambridge in Oos-Londen uitgebreek het.

Die verdagte, wie se ouderdom nie bekend is nie, het Sondag op die plaas toegeslaan en die boer en sy gesin glo met ʼn skerp voorwerp aangehou.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het die verdagte die boer aangerand en ʼn struweling het tussen dié twee uitgebreek. Die boer is tydens die skermutseling met die skerp voorwerp gesteek,” bevestig Kinana. “Die verdagte is ook in die proses ernstig beseer en het later aan sy beserings beswyk.”

Die polisie ondersoek in hierdie stadium die omstandighede van die verdagte se dood. Dit is nog nie bekend watter beserings hy presies opgedoen het nie.

Die boer is vir verdere mediese behandeling na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van gepoogde huisroof. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Ek hoop hierdie boer sal gouer borgtog kry.

Harley Davidson

N, beweerde plaasaanvaller wil jy nou meer.

JM

“Gepoogde huisroof”, of poging tot moord? Gaan die vervloekte plaasaanvalle ooit ophou?!

Annelize

Gepoogde huisroof? ASSEBLIEF!!!! Wat van poging tot moord, al is die verdagte dood? Of sal die Boer nou weer van moord aangekla word?

Ek is al so siek en sat vir die kriminele wat as die slagoffers voorgehou word, en dan is daar mense wat die kriminele tot die dood toe verdedig op sosiale platforms.

pompies

Die omstandighede van die verdagte se dood is hy het hom doodgeskrik toe die boer terug veg en nie net bes gegee het vir hom om te doen wat hy wou nie.