Verdagte sterf in skietgeveg met polisie

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Vermeende rower is Dinsdagoggend by ʼn sakekompleks in die Drakensberg-omgewing doodgeskiet.

Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder KwaZulu-Natal, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 in die Winterton-omgewing aan die voet van die Drakensberge plaasgevind.

“Twee verdagtes het die sentrum bestorm en die veiligheidswagte aangehou. Hulle het een van die wagte aangerand maar ʼn ander kon ontsnap en het die polisie in kennis gestel,” het Zwane gesê.

Toe die polisie by die toneel opdaag, het hulle die twee verdagtes gesien wat die perseel probeer verlaat. Daar het ʼn skietgeveg tussen die polisie en verdagtes uitgebreek.

Een verdagte is doodgeskiet terwyl die ander een daarin kon slaag om in die veld in te vlug.

Die polisie het beslag gelê op ʼn onwettige vuurwapen asook ʼn motor wat in die rooftog gebruik is.

Zwane het bygevoeg dat die motor in Oktober verlede jaar gekaap is.

Die tweede verdagte is steeds soek. Die voorval is ook by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie ·

Well done fellows!!! Julle maak my hart WARM!! Die ‘good guys’ wen ook so nou en dan!

Blinde Sjambok ·

…nja, maar …as een boef die veld in vlug, waar is die bloedhonde om hom uit te snuffel …of spoorsnyers? Waar is die helikopters met infra-rooi opspoorders? Ek gee die SAPS 1 uit 10 vir die halfhartige poging …’n enkeling ontsnap nadat daar op hom geskiet is …waarom mis skiet (swak opleiding) en waarom nie opvolg met ‘n hakkejag operasie nie…?! Te bang …of was hul skof verby…? Daar is dus steeds ‘n gevaarlike misdadiger op vrye voet …niks om te celebrate hier nie…

Gjorg ·

Blinde Sjambok jy maak my naar met jou geprewel. Nie net kan jy nie ‘n sin skryf sonder “….” nie, jy kan ook nie ‘n sin skryf wat positief is nie. Hey, ek weet wat, gaan hier is vir jou ‘n idee, sê eerder niks. Dis beter vir my gesondheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.