Verdagte sterf ná Ficksburg-plaasaanval

Arend Corbett en sy vrou, Sanette. Foto: Facebook

Een van die vermeende aanvallers wat na bewering Donderdag by ʼn plaasaanval in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat betrokke was, is in ʼn hospitaal dood.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte was een van twee verdagtes wat erg beseer was toe hulle deur boere in die omgewing aan die polisie oorhandig is. Die twee verdagtes is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem geneem, waar een van hulle aan sy beserings beswyk het. Die ander een is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig ʼn jong plaasbestuurder en ʼn plaaswerker is omstreeks 17:30 op die plaas Mooiplaas deur vyf aanvallers oorval. Die boer is intussen as Arend Corbett (26) geïdentifiseer en die werker as Lenyara Thsotetsi.

ʼn Nooddienshelikopter neem Corbett na ‘n hospitaal. Foto: Verskaf

Volgens Mbambo het Corbett en Tsotetsi by die huis op die plaas aangekom nadat hulle by die buurplaas was. “Die twee is glo deur vyf onbekende mans gekonfronteer. Die verdagtes het hulle glo opdrag gegee om nie uit die voertuig te klim nie, maar die slagoffer het hom teëgesit en hulle gekonfronteer,” het Mbambo gesê.

“ʼn Struweling het ontstaan en [Corbett] is na bewering in die voorkop geskiet, terwyl die plaaswerker met ʼn mes gesteek is toe hy homself probeer verdedig het. Hy kon daarin slaag om weg te hardloop. Die verdagtes het besef hy gaan hulp ontbied en het in verskillende rigtings in die berge in gevlug.”

Volgens Mbambo het ʼn rewolwer op die toneel agtergebly toe die verdagtes gevlug het. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en twee verdagtes is vasgetrek. Hulle is met ernstige beserings aan die polisie oorhandig. Die drie ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Corbett is per helikopter in ʼn ernstige toestand na die Mediclinic Bethlehem geneem. Dit is nie duidelik hoe ernstig Tsotetsi beseer is nie.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek in verband met die aanval. Nog ʼn saak van moord is aanhangig gemaak in verband met die dood van die beweerde verdagte.

Die aanval op Mooiplaas kom kort nadat Barry Baars se liggaam Dinsdagoggend met ʼn skietwond aan sy ken in sy huis aangetref is op die Daspoort-plaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat. Mbambo het bevestig ʼn vroulike werker op die plaas is intussen deur die polisie ingeneem vir ondervraging, aangesien sy die laaste persoon was wat saam met Baars gesien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hannelie ·

Saak van moord teen verdagte? Asseblief hy het mos gesoek daarvoor….

Peet ·

Sodra iemand doodgaan, of dit nou aanvaller of nie is nie, word daar automaties n saak van moord oopgemaak. Selfs in motor ongelukke.

Pippy ·

Mooi so julle…Ons moet maar ongelukkig dieselfde doen aan hulle as die voornemens wat hulle teen ons het.

Albatros ·

Dit sal dalk eers goed wees om uit te vind wie sit agter die aanvalle.

Jordaan ·

Ek is baie bly om te hoor, maar kyk nou met hoeveel ywer gaan die persone wat die verdagtes gevang en oorhandig het, nou vervolg gaan word.

Veritas ·

Jordaan ek vermoed dit was van die ander plaaswerkers wat die twee aangekeer het. Dit sal maar swaar gaan om te bewys wie sy dood veroorsaak het.

Anoniem ·

Indien die aanvaller inbreuk maak op Jou privaatheid doen dieselfde met syne – wees paraat ! Geluk Ficksburg Boere !!!

Tweetie ·

Volgens n ander nuusbron het die een voortvlugtige plaasaanvaller van n krans afgeval, hy is nie dood as gevolg van aanranding nie. So ek verstaan nie. Arend het drie skietwonde en messteke, sy wangbene is vergruis en hy het tande verloor. Een koeel is by sy wang in en anderkant uit. Twee het nie deur sy kop gegaan nie. Die plaaswerker is ook meswonde opgedoen.

Drikus ·

Dan sal die krans seker aangekla word van moord. Die manne soek mos dadelik ‘n rede om die slagoffers van plaasaanvalle te vervolg, eerder as die aanvaller self. Die arme misdadiger is mos dood onskuldig.

CWS ·

Ek sal baie graag net wil weet……met al die plaas moorde…..wat is die motief???? Soveel aanvallers want hul kom in groot groepe….Waarom en onder wie se opdrag????

Morne ·

Dit moet meer gereeld gebeur, dit is al wat rerig gaan help op die einde. Hoe meer die terroriste sien dat hulle nie daarmee gaan wegkom nie, hoe beter vir almal.

Morne ·

Dit moet meer gereeld gebeur, dit is al wat rerig gaan help op die einde. Hoe meer die misdadigers sien dat hulle nie daarmee gaan wegkom nie, hoe beter vir almal. Uitstekende werk deur die boere!

Gatvol ·

My gevoel is dis beter/geregverdig om n moordenaar se lewe te neem as om so iemand toe te laat om onskuldiges te vermoor. Dalk is ek al een wat so voel

Loraine ·

Dis reg so dis nou hulle of ons niemand sê iets as boere dood gemaak of aan geval word nie maar as jy jouself verdedig en die uitvaagsel gaan dood dan is jy in die moeilikheid en word aan gekla van moord maar jy moes veg om aan die lewe te bly mooi manne hou so aan

Grassie ·

Hier kom seker nou weer ‘n ondersoek deur die Valke wat gaan konsentreer op die dood van die rower soos in die Paryssaak.

Sebastiaan ·

Die eerste stap om plaasmoorde te keer is om dood as gevolg van selfverdediging nie as moord te vervolg nie. Dit wil voorkom asof die wet die aanvallers nog beskerm.

Meraai ·

Die situasie het nou so handuit geruk, dat boere enige vreemdeling op hulle plaas eers gaan wil skiet en dan later vrae vra. Dis siek dat ons onsself as gelukkig ag wanneer ons nie omgekom het in ‘n aanval nie. Dit moet in die eerste plek nie gebeur nie!
Kyk, ons is ongelooflik dankbaar dat Arend nou veilig is, maar wanneer gaan dit ophou? Dis nou boer twee in die bestek van een week in ons omgewing!
Die barbaarsheid van die diere wat in die Harrismith omgewing opgekap is terwyl hulle nog gelewe het, kan net voor satanskinders gelê word!
Dit maak my ongelooflik hartseer dat God ons as hoeders van sy Skepping aangestel het en ons nie te vertrou nie!

HPV ·

Mooi so Ficksburg manne, julle is ysters! Deel aan hulle uit wat hulle aan julle wou uitdeel!

Lee Randburg ·

CWS ek praat onder korreksie, maar ek hoor die aanvallers kom met lorries aangery? Dit laat n mens dink ne?

Lee Randburg ·

CWS ek het ook al gewonder hoekom al die plaasaanvalle. Sou die boere padgee is die plaas beskikbaar om oorgeneem te word?

Pieter ·

Ons moet maar gewapen rondbeweeg en as so iets vebeur moet jy skiet! Dit kan nie so aangaan nie!

Hein ·

Plaasaanvalle het skielik opgehou met die aanvang van die wêreldsokker in Suid-Afrika, en is onmiddellik hervat direk ná die afloop.
Om die voor-die-handliggende afleiding te maak, is natuurlik “White Supremacist Racist Hate Speech…”

Gideon ·

Dit is tragies dat ons land so uitmekaar geskeur word deur die regering. Die regering is nalatig en sy leiers moet verantwoordelik gehou word vir die moorde. Die polisie moet nou wakker word en die organiseerders agter die plaasaanvalle en moorde kry en hulle vervolg. Dit gaan al nou aan vir jare en hul weet nou nog nie wie dit is nie regtig ??? Laat mens dink ne ons staatsamptenare kan nie die manne vang nie sies man!!!

Willem ·

Enige terroris wat ‘n aanval op ‘n ander loods se grondwetlike regte moet onmiddelik opgeskort word.

Piesang ·

Ons moet die werkloose jong manne intrek.Sit hulle op strategiese plekke op Plaase bv naby die plaas paaie ens.Sit n klein tentjie op in veld.Hulle hoef nie gewapen wees nie.Gee hulle kos,verkyker en selfoon.Die boere gemeenskappe weet gewoonlik wie rond beweeg op die plaase so as daar enige vreemde motors of persone opgemerk word dan maak hulle alarm en dit word ondersoek.Gee hulle n salaris en hulle los mekaar af 12/12 ure per skof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.