Verdagte sterf toe hy wou vlug

Foto: SAPD KwaZulu-Natal

Die liggaam van ʼn onbekende man is Dinsdagoggend om 07:10 deur lede van die soek- en reddingspan gevind nadat hy by ʼn afgrond afgeval het toe hy van die polisie en veiligheidswagte gevlug het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die man wou by ʼn huis by Greenvale Village Estate in Hillcrest inbreek en het gevlug toe hy opgemerk is. “Hy het by die afgrond afgeval toe polisiebeamptes en veiligheidswagte hom agternagesit het.”

Hy het aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die Hillcrest-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Zach ·

Ok, die afgrond moet nou aangekla word vir strafbare manslag.

jaco ·

Gelukkig kan karma en wat jy saai sal jy maai en what goes around comes around nou nie van strafbare manslag aangekla word nie.

Van ·

Iemand moet aangekla word hier…………..dalk al die inwoners van die estate omdat daar nie n kennisgewing op was vir die afgrond nie?!

Toppie ·

Goed ! Spaar die belastingbetalers die onkostes van ‘n hofsaak wat hom in elk geval nie behoorlik sal straf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.