Verdagte tydens rooftog doodgeskiet

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na verdagtes wat ʼn plaaslike supermark in Matsulu naby Malelane in Mpumalanga beroof het. Een verdagte is tydens ʼn skietery tussen die verdagtes en die polisiebeamptes doodgeskiet.

Brig. Leonard Hlathi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê beamptes was Maandagoggend vroeg op patrollie in die gebied toe hulle in kennis gestel is van ʼn rooftog. “Hulle het na die toneel ontplooi waar hulle swaar gewapende mans teëgekom het. Die verdagtes het op die beamptes gevuur toe hulle opgemerk is.”

Die polisiebeamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes is noodlottig gewond. “Die ander verdagtes het egter van die toneel weggekom. Beamptes het beslag gelê op twee vuurwapens, springstof en ander toerusting wat vermoedelik gebruik sou word om misdaad te pleeg.”

ʼn Saak van sakeroof is aanhangig gemaak en die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

Ek wil weet hoe kry die rowers dit reg om “swaar gewapen” te wees en BOONOP springstof te hê?! Waar kry hulle die springstof? Ek ruik ‘n rot.

Blikkies ·

Hulle kry die springstof by hulle maaitjies in die myne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.