Verdagte tydens rooftog doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Dinsdagoggend doodgeskiet tydens ʼn mislukte rooftog by ʼn winkel in Trichardtsdal naby Tzaneen in Limpopo.

Konst. Rufus Magoro, woordvoerder van die polisie, het gesê twee gewapende mans het omstreeks 07:10 ʼn winkel wat landboutoerusting verkoop binnegekom en die werknemers met vuurwapens gedreig.

In ʼn stadium kon een van die werknemers daarin slaag om uit te glip en ʼn veiligheidswag buite die winkel te roep, het Magoro gesê. “Die veiligheidswag het gereageer en ʼn skietgeveg het tussen die wag en die mans ontstaan. Een van die mans is in die proses doodgeskiet,” het hy gesê.

Volgens Magoro is die tweede rower ook gewond en word tans in die hospitaal onder polisiebewaking behandel. Een van die werknemers van die winkel is in die been geskiet en is ook na ʼn hospitaal gehaas.

ʼn Saak van poging tot roof en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oupa Neels ·

Ek soek daardie veiligheidsaatskapy se nr. Hulle het regte sekuriteitswagte. Vat nie nonsens nie

Boffin ·

Toe die skoot klap ,toe sit die oë….goeie werk….give that man a bells

koos ·

Ongelukkig net ontslae van een dit moes 2 uit 2 gewees het.Die lewendige een gaan nou weer op staats onkostes bly en staats regshulp ontvang.Hy gaan borgtog kry en maar weer dieselfde ding doen.

Petrus ·

Alweer net n vermeende rower,te bang om te stel dat hy n rower was.

Piet Piper ·

Hoop maar net daardie wakker veiligheidswag het nie die verkeerde kleur nie, anders sal hy baie vrae moet beantwoord oor sy geweldadige optrede teen die “vermeende rowers”……hulle is mos onskuldig tot hulle skuldig bevind word………..soos onse Jacob !

Thea Gerber ·

Hy het die verkeerde kleur. Dit was ook nie die wag wat hulle geskiet het nie, maar die baas van die besigheidwag wat die wagte kom ruil het. Hy is toe by die Kooperasie se agterdeur in omdat hy gou vir n koffie genooi is. Terwyl hy sy koffie roer toe storm die rowers in. Praat van ‘bad luck’ vir hulle, want toe roer hy hulle. Groot geluk dat die een nog kon praat, want toe kon hy, met n klein bietjie oorreding die ‘insiders’ se name uit hom kry.

Jo ·

Daar moet meer van hierdie rowers doodgeskiet word sodat hulle hopelik kan sien wat gebeur as jy nie jou hande van ander mense se eiendom kan afhou nie. Hulle doen dit omdat hulle weet niks gaan met hulle gebeur nie, as jy jou eiendom wil beskerm en jouself verdedig raak JY die krimineel, dis pateties!

Charl Hattingh ·

Hoe is dit ‘n ‘mislukte’ rooftog? Klink eerder of julle simpatiseër met dit terroriste. Sê liewer ‘gepoogde rooftog’.

Thea Gerber ·

Dink net – as ons elke gewapende rower en moordenaar kon doodskiet, was die tronke leeg en die samelewing veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.