Verdagte tydens tweede plaasaanval doodgeskiet

Herman Botha. Foto: www.nualcadebonsmaras.co.za

ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in Augustus 2017 waartydens ʼn boer van die Groblersdal-gebied in Limpopo dood is, is vroeër vandeesmaand tydens ʼn tweede plaasaanval in dieselfde omgewing doodgeskiet.

Thomas Baloyi (24) is dood toe hy op 6 Februarie vanjaar op ʼn plaas in Kalkfontein buite Groblersdal geskiet is. Maroela Media het vroeër berig Wilma Liebenberg was alleen tuis toe die honde by haar in die slaapkamer omstreeks 23:30 begin blaf het.

Liebenberg het opgestaan om ondersoek in te stel en gesien die ganglig op die boonste verdieping van die huis brand. Sy het daarna twee skote met ʼn rewolwer by die kamervenster uitgeskiet. Volgens haar man, Kobus Liebenberg, het sy gehoor hoe iemand by die trappe afgestap kom en iemand het aan die kamerdeur begin ruk. Liebenberg het toe deur die deur geskiet.

Die aanvallers, vermoedelik vier, het uit die huis gehardloop en hul gewonde makker uit die huis en oor die muur gehelp voordat hulle hom daar gelaat het. Omdat daar nie sein op die plaas is nie, het Liebenberg gewag totdat dit lig word voordat sy uit die huis gegaan en die polisie ontbied het.

Kobus het vroeër aan Maroela Media gesê die polisie se honde-eenheid het omstreeks 12:00 by die toneel opgedaag en die aanvaller lewend in die veld aangetref. Hy is in die bors gewond, net onder die skouer. Die aanvaller is later op die plaas oorlede.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het intussen aan Maroela Media bevestig dat dié aanvaller Thomas Baloyi is.

Baloyi is verlede jaar saam met drie ander verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Herman Botha (64). Maroela Media het destyds berig Botha en sy seun is op 6 Augustus 2017 deur ʼn groep aanvallers oorval toe hulle deur die loop van die oggend by die huis aangekom het. Botha se vrou, skoondogter en haar kinders het glo kort daarna ook by die huis aangekom en is ook deur die aanvallers oorval en vasgebind.

Die aanvallers het ʼn aantal vuurwapens en ʼn Toyota Etios geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Kobus Hildebrandt, ondervoorsitter van die landelike veiligheidsgroep in Groblersdal, het destyds aan Maroela Media gesê ʼn ambulans is ontbied om mediese hulp aan Botha te verleen en is hy na ʼn rugbyveld geneem vanwaar ʼn noodhelikopter hom na ʼn hospitaal sou neem. Hy het egter gesterf voordat hy na die hospitaal geneem kon word. Daar word vermoed dat hy ʼn hartaanval gehad het.

Ngoepe het bevestig Baloyi, Tobias Moyo (44), Fanie Makwaka (25) en Chris Langa (31) is later in verband met die aanval in hegtenis geneem. Hulle het op 29 November 2017 in die Groblersdal-landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R1 000 elk vrygelaat is.

Moyo, Makwaka en Langa sal weer op 9 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

PJC ·

Hierdie vrou is ń groter heldin as wat almal gedink het. Met haar kan ń mens gewis die land tem.

Raai Wie ·

Wat meer kan mens sê “R1000 borg vir moord verdagte” SKOKKEND!!!

Chris Ws ·

Was dit blankes sou hulle waarkynlik R100,000 borg moes betaal.Dis tyd dat AfrForm ingryp en regters in die bek ruk oor sulke blatante rassisme EN dubbel standaarde in meeste van die howe.

Ovvie von Wasser ·

Wou ek nounet sê. Kan Maroela ondersoek instel na die landdros en die staatsaanklaer wat die spul op R1 000 borg vrygelaat het na ‘n moord? Dit is totaal verregaande!

Victor ·

Ons boere is ewige teikens !
Kom die moordenaars nie die eerste keer reg nie word hulle borg gegee vir kans nommer twee !!!!
– so gaan dit aan tot hulle slaag met hulle moord-pogings……

Buks Barnard ·

Wanneer ‘n misdadiger ‘n verdere misdaad pleeg terwyl hy op borgtog vrygelaat is, moet die landdros of regter wat die borgtog toegestaan het in hegtenis geneem en as medepligtige vervolg word.

Francois Joubert ·

Stem. Sover ek weet moet daar buitengewone omstandighede wees voor jy borg kry op hierdie aanklagte. Hoekom het hul borg gekry en dan net R1000.

fanie ·

Ek se dit al jare lank dat hierdie sogenaamde magistrate ook in hegtenis geneem moet word. dit gaan my te bowe hoe so n’ mens ooit borgtog kan kry?????

Lizelle ·

Dit is skokkende dat hulle op borg tog van R1000 uit was. Is dit wat ‘n lewe werd is?

Hennie ·

Ok hulle was uit op borgtog van n R1000? En dit vir moord!!!! Waar le ons land se hart? Dis net nog n bewys dat ons land se justice sisteem nie werk nie want misdadigers word gevang en dan uit gelaat en doen presies die selfde! Ons boere en S.A.P lede word dood geskiet maar dit beteken niks.

Anoniem ·

Lees weer, dis ‘n ander vrou wat die plaasaanvaller tydens ‘n ander plaasaanval doodgeskiet het.

Herman ·

Die twee jongmanne met die doodskis sage sit onderskydelik 11 en 14 jaar nadat hulle bortog geweier was. Hoe pleeg jy moord en word op bortog van R1000 vrygelaat. Die land het skeefgetrekte wette wat eensydig toegepas word. Absoluut belaglik. Stem saam sluit die landros op en gooi die sleutel weg.

Frikkie Geld en huis ·

Soos ek dit het, is moord ‘n skedule 6 misdaad, en moet daar besonderse motivering wees alvorens borgtog toegestaan word. Hoe het die moordenaars borgtog gekry ?? Seker weer aangevoer hulle is die enigste broodwinners in die familie maar verdien hul inkomste deur te moor & roof. Dit het die landdros nie in ag geneem nie.

Johann du Toit ·

Borgtog word gewoonlik bereken gelykstaande aan die oortreder se maandelikse inkomste.

@ Johann du Toit ·

En hoekom word die KIS OUENS nie borgtog gegee nie maar die MOORDENAARS wel? Dalk kan jy vir ons lig hierop ook werp siende dat jy nou so slim is? En as die man NIKS verdien nie . soos in werkloos . dan kan hy maar MOOR en word op R0 borgtog vrygelaat, is dit omtrent korrek??

jonathan ·

Is makkers wat weggekom het nie dalk medebeskuldigdes van vorige saak, wat ook op borgtog uit is nie?

Callie ·

Stop alle stories, kommentaar en verskonings. Die land is septies siek. Brand hom af en vernietig alles. Oor duisend jaar kan daar weer probeer word

Yobi ·

Twee seuns in ons omgewing was onlangs in ‘n kroeg geveg betrokke, hulle gaan lê die volgende dag verklaarings af, die afrikaanse aanklaer sluit hulle toe vir die hele naweek, Maandag kom hulle uit op R5,0000 boete…. en dit was almal ons eie mense…ongelooflik moeilik om te verstaan. In die goeie ou dae het die manne mekaar dik getik en ‘n ruk later weer saam gekuier…. waag dit vandag!!

Arno ·

Hoe op dees aarde kan die regstelsel moordenaars borgtog toestaan?????!!!!!! As jy n onskuldige mens kan doodmaak vir R 1000.00 borg kry en dit weer doen is dit mos niks anders as om te betaal om wit mense te jag nie!!!! Hoekom laat ons dit toe??????

E-man ·

R 1000 borg elk… dis darem maar net skokkend. Ek dink dis ‘n landdros se plig om enige moordverdagte se borgtog te weier want gewoonte-misdadigers het niks om te vrees binne of buite die tronk nie, en sal mos sweerlik weer misdaad pleeg?? En dan vra die polisie mense moet nie eie reg in hande neem nie…

Wener ·

Dit is mos n bewys dat die regering saamwerk om boere uit te moor hoe duidelik wil ons dit nog he

GENOEG ·

Google landdros Groblersdal, geen inligting, skakel landdroskantoor vind uit wie is die landdros, begin vrae vra aan die persoon betrokke. Landdroste kan ook nie meer wegkom met hierdie besluite nie. Begin hierdie mense tot verantwoording roep, al word daardie landdroskantoor toegegooi met navrae regoor die land. Genoeg is nou genoeg. Departement Justisie is nie bo enige wet verhewe nie.

Lizzy ·

Ek het ‘n bietjie meer oorsig oor die borgtog storie. Ek ken iemand wat persoonlik betrokke was. By elke verhoor, en elke keer wat hulle voor die landros was, was daar nie een enkele wit persoon / boer of enige iemand, wat die borgtog teen gestaan het nie. Dit is hoekom hulle op borgtog uit is.

Erick ·

Lizzy, is dit dalk nie die Staats Aanklaer of Ondersoekbeampte se werk om borgtog teen te staan nie? Of het die wet nou verander? Ek dink jou “insae” is nie so lekker nie.

Jacques Venter ·

Vandag is die doodstraf geldig. Geldig vir onskuldige mense en ongebore babas.

wraggies ·

Ek neem aan dat dit dié tipe “transformasie” van die regstelsel is wat deur hierdie ANC regering (en ander) gesien wil word.

Tanya ·

Ek verstaan nie hoe iemand wat van koelbloedige moord vermoed word op R1000 borg uitgelaat kan word net om met sy mannewales voort te gaan nie? Hoeveel keer moet een mens “gevang” word voor hy in die tronk gesit word?

Janosh ·

Ek sal nogal graag statistiek wil sien van verhoorafwagtendes wat op borg uit is wat weer dieselde tipe misdaad pleeg. Ek dink die inligting hoort genoegsaam te wees om te voorkom dat vermeende moordenaars, verkragters en ander halsmisdade NIE borg MAG KRY NIE!!!!

aiai ·

Ai, dan moet ons positief bly as mens sulke berigte oor en oor en oor lees. Moeg om so negatief te voel!! En ons hande is vasgebind en kan NIKS doen nie.

Juanita ·

Het ek reg gelees!!? Op borg vrygelaat!!? Hoe de hel kan hul vrygelaat word!!? Heel waarskynlik gaan hul nou vlug voor hul weer moet verskyn in die hof! Dit terwyl die manne van die doodskis-saak, wat NIE gemoor het nie, sumier borg geweier en opgesluit is. Hierdie blatante diskriminasie in ons regstelsel is asemrowend! Die regering SAL NIE veiligheid op plase en landelike gebiede ‘n prioriteit maak nie, want hul ondersteun stil-stil hierdie sinnelose geweld. Miskien moet ons ook maar begin opruk en toi-toi tot en met hul gehoor gee aan ons griewe! Genoeg is nou genoeg.

Andre ·

Na aanleiding van “Lizzie”. Dit is die ondersoekbeampte van die saak wat moet getuig in die borgaansoek nie boere wat betoog by die hof nie.

Yolandé ·

Onaanvaarbaar!!!!!! Dit kon anders uitgedraai het. Prys die Vader vir beskerming. GEEN hulp sal van jul regering kom nie. Nam groete

hoe sê ·

Vat 1 plaas sonder vergoeding en al wat belegger is ontrek sy geld vermoor 1 boer per dag en al die beleggers gaan rustig voort met besigheid dink julle regtig CR is so dom raak gewoond aan die moord

Annie ·

Die Landdros wat hom borg toegestaan het moet ook aangekla word vir MOORD!! Hy het hom gehelp om dit weer te doen – maar as hy blank was het hy gesit. DOODSTRAF moet terug kom.

chris ·

LEES ELKE DAG WAT ALMAL SE “GENOEG IS GENOEG” EN DAAR BLY DIT.

Soisdit ·

Maroela Media, Mnr Botha is volgens julle vorige alrtikel in 2017 dood aan n hartaanval en is nie vermoor soos in hierdie artikel genoem word nie. Dus was hul nie uit op borgtog vir moord nie maar wel vir vir die aanval.

Tania Heyns ·

Dagsê Soisdit

Die provinsiale polisiewoordvoerder het aan Maroela Media bevestig dat die vier verdagtes soos in die berig genoem in hegtenis geneem is en tereg staan in verband met die moord op Herman Botha.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Nettie ·

@Lize – ‘n regstellinkie op jou opmerking: BLANKE MENSE se lewens is niks werd nie. As Hierdie misdadiger ‘n mede-swart ‘persoon’ vermoor het en blank was daarby, het hy reeds soos die Doodskis-2 vir járe agter tralies deurgebring.

Boodskapper ·

Die kriminele moordenaars sit op die regsbanke en is medepligtige MOORDENAARS, ROWERS en regters van ONGEREGTIGHEID.

Dirk01 ·

Waar’s Afri Forum en landbou unies as plaas aanvallers borg kry? plaas aanvallers moet geen borg kry , en asb ondersoek die geagte magistraat ek ruik n rot…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.