Die polisie in Limpopo moes die verdagte in die moord op ʼn driejarige meisie van ʼn woedende skare red wat hom beetgekry en ernstig aangerand het.
Klein Melania Ndacha Ruben is Dinsdag in die sorg van bure in die Vingerkraal-nedersetting gelaat. Sy het daarna spoorloos verdwyn en haar liggaam is later in ʼn rivierstroom in die omgewing van Bela-Bela gevind. Sy het oop wonde aan haar liggaam gehad.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die 27-jarige verdagte is Maandagmiddag in hegtenis geneem nadat hy op ʼn plaas in die omgewing geskuil het.
“Die eienaar van die plaas het glo lede van die gemeenskap ingelig wat dadelik die verdagte na ʼn bos geneem en hom ernstig aangerand het.”
Die Bela-Bela-polisie is na die toneel ontbied en het die verdagte met die hulp van die polisie se openbare orde-eenheid van die skare gered.
Die verdagte verskyn binnekort in die Bela-Bela-landdroshof op ʼn klag van moord. Die ondersoek duur intussen voort, het Ngoepe gesê.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het die inhegtenisneming geloof.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ai tog dit is tragies. Binne vyf jaar is hy weer op parool besig om sy volgende slagoffer te soek.
Ja, maak sin, die polisie beskerm die moordenaars en kriminele.
“Bush court” is natuurlik ‘n baie groter afskrikmiddel vir die siele as die tronk want hy weet nou hulle gaan sy gesig onthou. En as hy oor 5 jaar weer uitkom, gaan hy maar in ‘n ander provinsie moet gaan bly.
Bes kerm die Polisie dan moordenaars? Siek!
As hy skuldig is, is dit eintlik ñ vreeslike jammerte dat iemand die polisie ontbied het.