Verdagte vas in ondersoek na Kirsten Kluyts-moord

Kirsten Kluyts (Foto: Facebook)

ʼn 21-jarige student is Sondag in verband met die moord op Kirsten Kluyts (34), ʼn onderwyseres by Delta Park High in Johannesburg, in hegtenis geneem.

Kluyts se liggaam is op 29 Oktober langs ʼn drafpaadjie in die George Lea Park gevind nadat sy aan ʼn MyRun-drafgeleentheid deelgeneem het.

Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê ʼn speurderspan van Sandton het die verdagte ná ʼn deeglike ondersoek in Parkmore vasgetrek.

Die verdagte, wat binnekort in die hof sal verskyn, is glo ʼn student aan ʼn tersiêre instelling in Sandton.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.