Verdagte vas jaar ná moord op sakeman by vulstasie  

Cobus Fourie is by ‘n vulstasie in Kerksdorp doodgeskiet. (Foto: Facebook)

ʼn Man is die afgelope week in hegtenis geneem in verband met die moord op die 42-jarige Cobus Fourie.

Fourie, die eienaar van ʼn vulstasie in Klerksdorp, Noordwes, is op 6 Januarie verlede jaar doodgeskiet toe rowers hom op die perseel oorval het.

Maroela Media het vroeër berig Fourie is by ʼn Engen-vulstasie in Ellaton doodgeskiet nadat hy uit die winkel na sy voertuig gestap en toe deur drie gewapende mans met klapmusse oorrompel is.

Hy is in die bors geskiet en van kontant beroof voordat die aanvallers in hul eie voertuig gevlug het. Fourie, ʼn pa van twee, is na ʼn hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê Phemelo Donald Pudieng (30) is Dinsdag in verband met die moord op Fourie in hegtenis geneem. “Die polisie het inligting ontvang en Pudieng is by sy ma se huis in Bethanie naby Brits in hegtenis geneem.”

Pudieng het Woensdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy bly in aanhouding en moet weer op 27 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Barend ·

Dankbaar dat darem 1 aangekeer is, waar is die res van die rowers???

Cherokee ·

Dit is omdat moordenaars as rowers beskryf word, dat mense nie werklik besef hoe erg dit gaan in SA.

Magda G ·

Darem 1 aangekeer. Dit bring nie die onskuldige man terug nie. BRING DIE DOODSTRAF (moet elektriese
stoel wees) terug en maak soos Amerika op 13 Jan met die vrou gemask het.

Daniel ·

Wil jy regtig die doodstraf terughê terwyl die ANC aan bewind is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.