Verdagte vas maande ná gru-plaasmoord

JJ (Poem) Lamprecht. Foto: Verskaf

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op Poem Lamprecht (89).

Lamprecht is in Oktober vermoor toe hy en sy vrou op hul plaas buite Ellisras in Limpopo aangeval is.

Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG), het bevestig ʼn verdagte is Saterdagaand in samewerking met die plaaslike speurdiens in Marapong buite Ellisras in hegtenis geneem. “’n Tweede verdagte is ook in hegtenis geneem en daar is op dwelmmiddels beslag gelê. Die tweede verdagte kan egter nog nie positief verbind word met die plaasmoord nie.”

Lamprecht is dood nadat hy met ʼn staalvoorwerp aangerand en geskop is. “Ons is almal maar nog baie stukkend oor wat gebeur het,” het Madeleine Human, Poem se kleindogter, destyds aan Maroela Media gesê. “Elke keer as oupa hartdokter toe moes gaan of as sy gesondheid bietjie gelol het, was ons bekommerd dat hy dalk een oggend nie gaan wakker word nie. Maar dat hy op so ʼn gruwelike manier weggeruk moes word … Dit maak dit baie moeilik om [sy dood] te verwerk.”

Poem en sy vrou, Kotie (76), is omstreeks 21:30 die aand van 29 Oktober 2016 in hul rondawel op die plaas oorval. “Die sekuriteitslig buite het aangegaan en Kotie het gaan ondersoek instel. Sy het die houtdeur van die huis oopgemaak, maar die veiligheidshek was nog gesluit,” het Human gesê.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Lamprecht. Foto: HPG

Sy vertel dat die persoon buite vanuit die donker homself in Afrikaans as Hannes geïdentifiseer het, die egpaar se kleinseun wat vroeër die aand daar gekuier het. Kotie het die hek oopgesluit, terwyl Poem uit die kamer gesê het hy is op pad. Dit is toe dat drie aanvallers die huis binnegestorm het.

Die aanvallers het Poem se hande vasgebind en hom met ʼn staalvoorwerp, vermoedelik ʼn pyp, aangerand. Hy is ook verskeie kere geskop. Die aanvallers het Kotie ook aangerand en haar aan die diefwering voor een van die vensters vasgebind. Die boosdoeners het daarna met ʼn onbekende bedrag kontant en ʼn vuurwapen gevlug.

Volgens Human kon Poem daarin slaag om homself los te wikkel en het met sy knipmes na Kotie gekruip om haar te help. Hy kon egter nie regop kom om haar los te sny nie en is voor haar voete dood. Kotie moes deur die nag aan die diefwering vasgebind staan totdat Poem se dogter, Monica, hulle die volgende oggend gevind het. Monica het gaan ondersoek instel nadat die familie die egpaar nie in die hande kon kry nie.

“Vir oupa Poem was daar nooit ʼn ander plek waar hy wou wees as die plaas nie. Hy was ʼn boer in murg en been en niks sou hom ooit kon wegskeur van die plaas af nie. As hy net vir twee dae moes weggaan om die dokter te besoek, het hy knorrig geraak en wou net terug plaas toe. Ons het hom langs die dam op die plaas begrawe, sodat hy kan rus op die plek waar hy op sy gelukkigste was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lottie ·

Kry ek koue rillings om te dink hoe hierdie adder hom voorgedoen het aan die ou mense as hulle kleinseun om voet in die deur te kry. Koue rillings. Hoe geslepe!

Lollie ·

Dit is SO hartseer om met sulke lelike herinneringe te lewe. Mag die regter wat die saak hanteer hulle baie swaar straf. Vir ons beteken dit nie veel nie maar sy straf moenie te lug wees nie. Mens voel so magteloos! Dit is sulke dinge wat maak dat mense siek en sat is vir alles en dan volgende keer gereg in eie hande neem.

Adam ·

Ek stem, Swaar straf is gepas, maar ongelukkig nie ‘n groot genoeg afskrikmiddel nie. Die herinstel van doodstraf sal waarskynlik meer effektief wees, ten spyte van die politiek korrektes se sogenaamde navorsing resultate.

Johann Marx ·

Dis nogal frustrered om artikels te lees wat jou laat wonder oor so baie dinge, sonder dat jy ooit sal uitvind hoe die vurk in die hef steek. Lees vir jouself….Die tannie het gesê dat iemand hom in Afrikaans voorgedoen het as Hannes, hulle kleinseun….Nou hoeveel mense in daardie omgewing praat Afrikaans en weet wie hulle kleinseun is, en dat hy die aand by hulle gekuier het…en tog neem dit 7 maande voor ‘n arrestasie plaasvind? As enige polisieman of speurder sy sout werd was, kon hy mos dadelik, NET met daardie inligting, die lys van verdagtes drasties verkort het, en sy ondersoek gefokus het op die moontlike kanditate wat sulke inligting kon gehad het. Of wat verstaan ek nie?

Theresa ·

Ja, dit maak die kring kleiner om presies te weet wie die 3 geslepe, boosdoenende moordenaars kon wees. Ook seker DNA iewers op die toneel gelaat? Poligraaftoets al die werkers ook. Vreeslik dat hierdie mens so moes sterf in sy eie huis, op sy eie eiendom.

Lelikste gedagtes ·

Ek kan nie help ie, maar ek kry die lelikste gedagtes, hoe kan ‘n jong man ‘n Oom so wreed aanval en letterlik doodmartel, die Oom het nie ‘n kans gestaan, werklik overkill oor watter rede, dit wys die siek psige en wreedheid, dit is nie vir broodgeld nie.

al ·

Ironies sou dai varke gesmeek het dat hul lewe gespaar moes wees, iets wat hul totaal geïgnoreer het toe hul die ou oom wreed vermoor.

Michael ·

Baie jammer vir die oom maar weer maklik ingekom en gewapen uitgeloop om ‘n ander boer makliker aan te val.

Ronel ·

Wonder nou of die verhoor ook so aan die groot klok gehang gaan word soos die Parys-boere s’n? Gaan mense ook toi-toi en begin skade aanrig aan geboue eiendomme? Of is dit dat ons dalk bietjie meer beskaafd is dat dit nie gaan gebeur nie?

Bekommerd ·

Ek is bitter bly die moordenaar is aangekeer, maar wil in dieselfde asem vra: Wat soek bejaarde mense op plase? Of selfs plotte? Dit is so gevaarlik vir selfs jonger mense dat ek nie kan sien hoe kinders (of dalk ook al ouer mense) kan toelaat dat bejaarde mense op plase woon nie. Ek weet daar is baie keer nie ‘n ander uitweg nie, maar my hart wil gaan staan elke keer as ek hoor ‘n ou mensie is vermoor of so erg aangerand dat hulle aan hulle beserings beswyk het.

Annatjie ·

Ou mense wat hulle lewe lank op die plaas bly gaan jy nie met ‘n bom daar af kry nie. Dis nie die kinders of kleinkinders se skuld dat dit gebeur nie.

Ouma ·

Hartseer oor al hierdie geweld en moord aan ons wit nasietjie! Bring groot asseblief net die doodstraf terug! Hang die skuldige op op Kerkplein heektemal in die openbaar!! En plaasmoorde of enige moorde sal nie weer gebeur nie!! Hulle is self so bang vir die dood! Maar voel ‘n veer vir ander mense!

Mike de Beer ·

Oom Poem en Tannie Kotie, Wonderlike Bosveldburgers. Oom Poem is sinloos vermoor. Mag God die familie bystaan.

Rox ·

Ek is keelvol vir wat aangaan in hierdie walglike land . So dankbaar die skurk is gevang. My broer was vanoggend in die Strand beroof van sy selfoon nadat die gemors n mes uitgehaal het en gedreig het om my te skiet indien my broer nie die foon wou oorhandig nie. Ons het langs die see gestap toe die skepsel ons nader net mooi op die spot waar hulle besig is met bouwerk aan die muur en die sand hoog opgestoot is dat niemand van die straat kon sien wat gebeur nie Ons was gelukkig dat ons niks oorgekom het nie. . Ek kan my voorstel hoe daardie arme mense moes voel toe die uitvaagsels inkom in hulle huis. Siestog dit is so harseer wat hulle aan die weerlose mensies doen. Vandag besef jou lewe is nikswerd nie.

Theresa B ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom verander die boodskappe hulle self??!!
Tronk word trunk en slaap word slap. (Huh!)

Gideon ·

Ek dink dit het te doen met die “predictive text setting” van jou apparaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.