Verdagte vas ná aanval op Askham-boer

André en Cilla du Toit (Foto: Cilla du Toit/Facebook)

ʼn 24-jarige verdagte is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn boer van Askham in die Noord-Kaap.

André du Toit (54) is Donderdagaand buite die gesin se vleiskamer deur ʼn aanvaller gekonfronteer en deur die regterlong geskiet. Hy is tans in die MediClinic op Upington, waar hy in die waakeenheid aansterk.

Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, is Du Toit omstreeks 23:00 met sy haelgeweer na buite nadat die gesin geluide in die rigting van die vleiskamer gehoor het.

“Hy is deur ʼn onbekende man genader, wat hom geskiet en daarna gevlug het,” sê Masegela.

Du Toit het teruggevuur, maar die man gemis.

Du Toit se vrou, Cilla, het met hom na die hospitaal gehaas. Die polisie is ontbied en ʼn grootskaalse soektog na die aanvaller van stapel gestuur.

Samewerking tussen inwoners en die polisie, asook die gebruik van ʼn netwerk-kamerastelsel, het beteken ʼn verdagte is Vrydagoggend vasgetrek en in aanhouding.

Hy staar klagte van huisbraak, diefstal en poging tot moord in die gesig, sê Masegela.

Gert Fourie, ʼn vriend van die gesin en hoof van die landbou-brandvereniging op Askham, sê die koeël is deur Du Toit se long en weer by sy rug uit. Die koeël het klaarblyklik een van Du Toit se ribbebene getref.

“Sy bloeddruk was aanvanklik baie laag omdat hy baie bloed verloor het,” vertel Fourie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Die gemors het altyd ‘n geweer aan hulle waar hulle waar kry? Is die die geweerw wat in gehandig is en toe aan plaasaanvallers verskaf?

Vonny ·

My manlief wil sò graag oorvat by sy pa se plaas…maar
ek is t è bang vir n plaas!!
Ek bid elke liewe aand vir ons boere se beskerming.

Papsak ·

Dit is reg skiet terug hulle wil op ons skiet en ons mag niks doen wat vir hom as aanvaller tel vir ons ook dan skiet ons maar op mekaar maar sterkte vir daai man en sy vrou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.