Verdagte vas ná dubbelmoord op Kraaifontein-beamptes

(Argieffoto; SA Polisie)

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die dubbelmoord op twee polisiebeamptes van Kraaifontein in die Wes-Kaap.

Die twee beamptes is Sondag in die vroeë oggendure in die Bloekombos-omgewing doodgeskiet toe hulle tydens ʼn patrollie oënskynlik in ʼn hinderlaag gelei is.

Sers. Mnakwazo Mdoko (46) en konst. Mninawa Breakfast (28) is op die toneel dood en hul dienspistole is gesteel.

Die hulp van die Valke is ingeroep om die moorde te ondersoek.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van dié eenheid, sê ʼn 32-jarige man is sedertdien in ʼn gesamentlike operasie van die Kraaifontein-polisie, die honde-eenheid en lede van die misdaadintelligensie-eenheid in Mandela Park in Khayelitsha aangekeer.

“Die verdagte verskyn Dinsdag in die Bluedowns-landdroshof op aanklagte van moord. Die ondersoek duur voort en ons kan nie die moontlikheid uitsluit dat ander verdagtes ook met die moorde verbind word nie,” het sy gesê.

Lt.genl. Godfrey Lebeya het die inhegtenisneming verwelkom.

Bheki Cele, minister van polisie, het die afgelope naweek gevra vir swaarder strawwe vir polisiemoordenaars en gesê hulle is ʼn nasionale bate wat beskerm moet word.

Hy het beamptes ook daaraan herinner dat hulle dodelike geweld mag gebruik om hulself te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Mooi so,

Samuel

Tien teen een gaan die vermeende moordenaar wegkom – met moord.

Casper

Ek lees nie dat die vuurwapens opgespoor is nie.Indien NIE moet iemand anders dit nog hê.