Verdagte vas ná hoewemoord

Annette Kennealy (Foto: Facebook)

’n Man is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Annette Kennealy wie se bebloede liggaam Maandagoggend op ʼn kleinhoewe buite Louis Trichardt in Limpopo aangetref is.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, is ’n 40-jarige man in polisie-aanhouding in verband met die moord. Hy sal binnekort in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Kennealy (51) se liggaam is omstreeks 09:00 op die Welgevonden-kleinhoewes met ernstige kopbeserings aangetref.

Luidens inligting wat deur Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, aan Maroela Media verskaf is, het Kennealy se ma haar aanhoudend gebel en onraad begin vermoed toe haar dogter nie antwoord nie.

Sy het gevolglik iemand Maandagoggend uitgestuur na die kleinhoewe waar Kennealy saam met ʼn werker woon. Dit is hiér waar die betrokke persoon Kennealy se liggaam aangetref het.

Kennealy het op haar maag gelê en het beserings aan haar linkeroog asook ʼn oop wond aan haar voorkop gehad. ʼn Hamer het op die toneel gelê en sy het ook ʼn ysterstaaf om haar nek gehad.

Ngoepe wou nie onmiddellik bevestig of dit die oorledene se werker is wat in hegtenis geneem is nie.

Dit is duidelik op Kennealy se Facebook-blad dat die dreigende kwessie van plaasmoorde haar na aan die hart gelê het en sy haar daarvoor beywer het om bewusmaking te skep.

Die polisie-ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Helena. ·

Ek is bly iemand is in hegtenis geneem, waar is die werker..niemand sê enigiets van hom nie..was wolf in die geval dalk skaapwagter? Wie op die aarde kan nog vertrou word.

Ronel ·

Met my tannie se plaasaanval so paar jaar gelede, was die meesterbrein agter die aanval haar voorman. Ironie vand ie saak is dat hulle vir hom ‘n kar gegee het slegs 2 weke voor die aanval. Dis nou stank vir dank!

Mariaan ·

TRAGIES!!!! Hoekom bly vroue nog alleen op plase…sy was tog wys en het plaasaanvalle veroordeel…kyk nou..so mooi vrou…agge nee man!!!

Gaitsigubib ·

Nie almal kan kies waar hulle wil bly nie. Mens probeer seker maar die beste maak van wat tot jou beskikking is.

WABez ·

Presies, as hulle hul “freedom/struggle” liedjies sing en beroepe doen, hoekom kan ons nie onsself verdedig in 100’voud nie!

Lollie ·

Sy was teen die plaasmoorde maar sy het een van hulle vertrou! Magtig, dit was haar grootste fout! Al het jy hom grootgemaak vertrou jy hom NOOIT!

Bernadette ·

Verseker vertrou mens hulle nie. In Balfour was n oom wat een van Baba af grootgemaak het omdat sy ma hom in die veld gelos het. Hy het sy “pa” met n gaffel doodgesteek toe hy 17 was.

Arthur ·

Dis die waarheid, bewys deur soveel moorde wat deur werknemers gepleeg word! Die makste hond byt die seerste. Dit is lankal tyd om terug te slaan….. kyk weer na wie en wat in jul diens is….

Al ·

Ek hoop hierdie maak internasionale opslae.
Geen mens op ñ plaas/hoewe verdien om so brutaal aangeval en vermoor te word nie.
Niks anders as politieke opruiery wat dit veroorsaak nie.

Erika ·

Hoekom ‘n weerlose vrou doodmaak. Dit is ‘n bewys dat hierdie moordenaars geen ruggraat het nie.. Ek hoop al die mense indie land, maak nie saak watter kleur jy is begin nou saamstaan teen moorde in Suid-Afrika. Doodstraf sal die antwoord wees…

Mariaan ·

Jy kan nie in ons land die beste van n saak maak nie…DAN WORD JY VERMOOR…gesinne is nie meer veilig op plase nie…wat nog vrou ALLEEN…ek begin ons land haat!! Mens is net nerens meer veilig nie….

Kyla ·

Ek glo vir geen oomblik dat die persoon alleen betrokke is nie. Ek glo hy is of aangese of gedreig om dit te doen deur politieke partye. Sy het geen geheim gemaak waar haar lojaliteit gele het nie.

Gaitsigubib ·

Mariaan dit maak nie juis sin om die slegste van n saak te probeer maak nie. Mense doen wat hulle kan. As jy vir my n visum en genoeg geld stuur belowe ek jou dat ek my plaas net so sal los.

? ·

Hoeveel onskuldiges gaan die doodstraf kry as dit moet gebeur. En moord bly moord. Doodstraf is moord.

Tina du Toit ·

@Mariaan, Dis nie ons land nie, dis die mense wat deel is van die land. Ek is lief vir my land, maar haat van die mense wat deel is van dit.

KrokodilBotha ·

My tuin en huis kan vergaan. Doen alles self. Geen werkers, dans dit al klaar 90% kans minder vir die tipe gevalle.

Marlene ·

Doen ook alles self. Daar is geën manier dat ek iemand sal kry om ons te help nie. Eks 62.

Liewe Heksie ·

Die boere sal moet daaraan begin dink om witmense aan te stel, hoeveel witmense is hier wat regtig werk soek, gee hulle verblyf op die plaas en dat hulle vir jou werk, so help jy jou eie mense.

PJC ·

Dit is skrikwekkend hoeveel dames die afgelope paar jaar deur hul werkers (tuiniers) vermoor is maar nog steeds dring die boodskap nie deur nie. Dit maak ń mens skoon moedeloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.