Verdagte vas ná hy man met aanvalsgeweer wond

Die aanvalsgeweer (Foto: ANA)

Die polisie van Bellville in die Wes-Kaap het Saterdagaand ʼn man in hegtenis geneem wat ʼn bestuurder van ʼn minibustaxi met ʼn aanvalsgeweer gewond het en toe probeer vlug het.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo op die hoek van Strandstraat en Bill Bezuidenhoutlaan gebeur.

Traut sê die polisie het gereageer op ʼn wenk uit die gemeenskap.

“Die polisie het die misdaadtoneel en die omliggende omgewing gefynkam. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy die aanvalersgeweer met 23 patrone agtergelaat het [terwyl hy gevlug het],” sê Traut.

Die 28-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde wapen. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christo Grobler ·

Waar kry hy die wapen in elkgeval. Daai is SAPS uirruiking.
Dril hom tot hy praat.
Tien teen een by n lid afgevat na hy geskiet is.

Johan ·

Daai tipe wapen word SBV gebruik. Nie SAP nie. Moenie tot gevolgtrekkings spring as jy nie seker van jou feite is nie.

Thinus ·

Dit is n wapen wat enige iemand kan koop enkel skoot en word baie deur sekuriteits maatskappye gebruik

jan_alleman ·

dit is eintlik n Arsenal sar -m14f ek het toevallig een , natuurlik net met n lisensie
baie lekker speelding

PJC ·

Seker maar weer mededingende taksiegroepe. Wonder net hoe het hy dit in die hande gekry. Baie duidelik is nie baie vaardig met die wapen anders was die ander ou bokveld toe.

jan_alleman ·

of hy was nie baie naby nie , die geweer is nie baie akuraat oor langer afstande nie en selfs op kort afstande kan n mens maar vergeet om soos rambo uit die heup te skiet en te dink jy gaan iets tref , en dan is daar die ammunisie , as die skurk sy huiswerk gedoen het sou hy weet dat navo spesifiek vir 5.56 gegaan het juis omdat hulle die vyand wou wond maar nie doodmaak nie sodat dit sou lei na meer druk op die vyand se logistiek om na sy gewonde soldate te moet omsien , so gelukkig vir die taxi drywer

jan_alleman ·

dit beteken die geweer is semi-automaties of automaties en het n magasyn kapasiteit van meer as tien rondtes

Cosmic ·

@jan_alleman: Rerig? Die magasyn kapasiteit maak van n geweer n aanvalsgeweer of nie?

jan_alleman ·

nee cosmic , die kombinasie van magasyn kapasiteit en die feit dat die geweer semi -auto of auto is maak van dit n “assault rifle”
en bleikbaar moet die magasyn ook nou kan afkom , so jou ou semi-auto gewere soos die M1 Garand sal nie in die kategorie val nie
natuurlik het verskeie organisasies hulle eie reels oor wanneer n geweer in die kategorie val of nie , en in die VSA verander die reels ook nog van tyd tot tyd , so ek probeer dit ook maar net eenvoudig hou jong , jy weet mos van die mense wat hier lees is nou nie almal rocket scientists nie , hoewel ek van mening is jy is maar net n trol wat bietjie aandag soek , so nou het jy jou aandag vir die dag ook gekry

Gys ·

Rerig. Is n Smith and Wesson AR15 5.56 dan ook n aanvalsgeweer. Hy kom saam met n 30 rondte MAG . Dink nie die regering sal n lisensie vir enige iemand gee dan nie. N aanvalsgeweer sal iets wees wat vol automaties is. Dit mag nie besit word deur publiek nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.