Verdagte vas ná man drie rowers takel

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 24-jarige Mosambieker het Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn nadat hy glo Dinsdag ʼn egpaar van Rustenburg in hul huis in ʼn plaaslike veiligheidsoord beroof het.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die Rustenburg-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die egpaar is Dinsdagaand deur drie verdagtes by hul huis in ʼn veiligheidsoord in Safari Tuine oorval.

“Die egpaar het wakker geword van honde wat aanhoudend geblaf het en ondersoek ingestel. Drie verdagtes was reeds in hul huis en het die egpaar se selfone en televisie by hulle gehad,” het Mokgadi gesê.

Die verdagtes het die egpaar met skroewedraaiers gedreig en ʼn geveg het tussen die man en die verdagtes uitgebreek. Die man is tydens die stoeiery in die bolyf gesteek.

“Die vrou het na buite gehardloop en om hulp geroep. Gelukkig het ʼn buurman tot hul redding gekom.”

Twee verdagtes het gevlug en is steeds soek. Die ander verdagte is aangekeer.

Die man is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling en is steeds in die hospitaal.

Die verdagte, Fernando Mhlanga, is steeds in aanhouding. Hy moet Maandag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik ·

‘n Man se kans om so aanval te oorleef is sowat 15%. Hulle gaan eerste vir die manlike persoon om hom onskadellik te stel of te vermoor. Die lot wat vir vroulike slagoffers oorbly is te erg om aan te dink.

Elma ·

Wel die mans sal daaraan moet begin dink al is dit erg. Die lewe soos ons dit geken het, het verander. Dis verby! Aanpasbaarheid is die sleutel tot oorlewing. Ek het laas week ‘n merker voor my huis gekry wat indringers waarsku dat daar ‘n groot hond in die huis is. Ek woon in ‘n baie stil buurt, het geen werkers. Al wie ooit hier verbykom is die SEKURITEIT. Dink mense, dink!

Chrisjan ·

Die influx van buitelanders word gerieflikheidshalwe onder die mat gevee.

Veritas ·

Onwettige immigrante is die lewensaar van polisielede. Sal interessant wees om te weet hoeveel omkoopgeld word jaarliks, deur onwettige immigrante, aan SAPS lede betaal. Gesels gerus bietjie met Zim, Malawiese of Mosambiekse immigrante hieroor. Jou mond sal oophang.

Wouter ·

Hier is 20 mil onwettige immigrante in ons land en hulle moet almal eet. Dit is die grootste oorsaak van al die “crime” in SA. Plaasaanvalle is n ander storie.

Griet ·

Ek het so paar jaar gelede in Mosambiek vir n ou opgevoede swarte gevra waarom is daar ni so baie crime in Mos soos hier nie. (Gepleeg deur Mosambiekers). Sy antw was: “Ons tsotsies gaan na jle land want daar is geen law & order.” En verder “hier haal hle ni eers di hof ni, die polisie raak sommer van hle ontslae”

Chris Ws ·

Die myne moet immegrantwerkers die rug toe keer.Dis hoe die meeste van hulle die land ingebring word.

Riaan ·

Nou gaan die inbreker seker die buurman en die eienaar dagvaar vir aanranding en poging tot moord.

Wilma ·

Miskien sal Mosambiekse owerhede plan sien met die robbies indien hy uitgelewer word. Dalk kan Mosambiekse polisie van hom ongesiens ontslae raak

Adrian ·

Maroela hoekom geen nuus oor anargiste wat die inkoopsentrum in Secunda afgebrand nie . Dalk n politieke korrekte besigheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.