Verdagte vas ná man sterf in kroegaanval

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met 'n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met ‘n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

ʼn Man is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Ludi Vink (30) wat dood is nadat hy Dinsdagaand in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het bevestig die 52-jarige verdagte het hom vanoggend aan die polisie oorgegee. Hy het gesê die man sal later vandag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Vink was saam met ʼn familielid in die kroeg in Randhart toe die voorval gebeur het. Veiligheidskameras in die kroeg het die gru-aanval vasgevang en die beeldmateriaal is sedertdien op sosiale media gedeel.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe Vink langs die potspeltafel staan en ʼn ander man die potspelstok gryp en Vink in die gesig steek. Vink sak inmekaar en die man draai om en beweeg uit die kameraskoot uit. Iemand hardloop dan nader en trek die stok uit Vink se gesig voordat hy hulp ontbied.

Vink is na ʼn hospitaal gehaas waar hy breindood verklaar is. Hy is later in die hospitaal dood.

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met 'n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

Ludi Vink se suster, Karla Vink, het hierdie foto Donderdag saam met ‘n roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook gedeel.

Vink se suster, Karla Vink, het Donderdag ʼn roerende huldeblyk aan haar broer op Facebook geplaas. “Ludi, my hart. My hart is stukkend. My wêreld is grys. Swart en wit. Vir nou is die kleur weg. Soveel vrae. Soveel hartseer. So ongelooflik baie pyn,” het sy geskryf.

“Soos wat ons smeek dat jy ons hoor en terugkom, so het jy net verder weggeglip. Bud, jy was so perfek. So liefdevol. Ek het nie meer trane nie, net hierdie brand in my keel. Maar niks. Niks, Ludi. Ek belowe jou ek is ongelooflik lief vir jou.”

Sy het hom beskryf as haar “sielsmaatjie” en gesê sy weet hy is nou by die Here. “Jy sien niks meer hartseer en kwaad nie, maar jy’s verlos. Ludi, ek’s kwaad, hartseer, gebroke maar met soveel vertroosting. Die kleur sal stadig maar seker terugvloei in my lewe. Met tyd en genade. Lief jou stukkend. Altyd, Ludi. Altyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Erica Albertse ·

Dit is verskriklik hartseer!!! Sterkte aan die Familie, RIV Ou!! Die skuldige moet maar die Prys Betaal vir sy gruwel onnodige daad! Die doodstraf moet terug gebring word in SA ! Ek raak seer en kwaad as ek alles lees wat rondom ons gebeur. Die tronke raak net voller by die dag en ons belasting geld word gebruik vir hul soms 5 Ster verblyf daar binne! Regtig???

m ·

Wel ten minse het die moordenaar na vore gekom. Hy het geweet hy sal uitgevang word met die CCTV kamera. Dis so onnodig al hierdie hartseer. Sterkte aan die familie.

elize ·

So jammer oor julle verlies mag JESUS vertroosting gee…so onnodig

Marina ·

Dis verskriklik geen borg vir hom.as ander moet sit vir moord moet hy ok sit.net omdat sy ego groter was as sy brein is daai man dood en vir wat hy was nie eers deel van di baklei nie hy wou net die vrede bewaar.nee laat hy lewens lank kry en sit

Se weer ·

Ons boerevolk word ook barbaars, daar is nie ‘n ander woord nie. Alkohol en drugs speel ‘n groot rol, en ek se nie dit is noodwendig so in hierdie geval nie, maar lees maar die nuus menige kere is dit die rede hoekom mense nie meer selfbeheer kan toepas nie. Nog ‘n onskuldige so onnodig van sy lewe ontneem. Ek het wel simpatie met die skuldige se familie maar met hom weinig of geen. Elkeen vlieg sy eie vliegtuigie maak nie saak hoe goeie opvoeding die skuldige gekry het nie. Ek glo nie hy ken die Here nie want dan sou hy nie so opgetree het nie. Rot in die tronk ek is seker dan sal jy genoeg tyd he om selfbeheersing toe te pas en jou humeur beteuel.

MisDemeanor ·

Daar is iets anders wat n baie baie baie groter rol speel as alkohol en drugs. Dit is die onvermoe om woede te beheer. Die idee dat geweld gebruik moet word om ‘n ander persoon “op sy plek” te sit. Ons moet leer hoe om diep asem te haal, tot tien te tel en om te draai en weg te loop wanneer iets ons kwaad maak. Mens hoef nie n ander ou ‘n les te leer nie.

Penellope Jones ·

So tragies.
Sterkte vir sy geliefdes en mag Ludi in vrede rus.

Lelani ·

Altyd ander gemors wat ‘n familie in rou dompel!!!! RIV Ludi jy is beslis nou op ‘n beter plek ons dink aan die familie in hierdie hartseer tyd :-(

CS ·

Dit is verskriklik hartseer en so onnodig. Baie sterkte aan sy familie. RIV

Hennie ·

Ongelukkig weereens ‘n bewys dat dit nie net een ras is wat nie weet hoe om hulle te gedra nie. ‘n 52 jarige bullebak wat die wereld wil besit, ek hoop hy sit lank genoeg in die tronk om oor se optrede te besin. Daar is hopeloos te veel mense in hierdie land wat ander wil domineer, en dis meestal nederige mense wat die beter deel van ons samelewing uitmaak wat gebuk moet gaan onder swak opgevoede mense met swak waardes. So jammer dat ons bevolking samestelling uit sulke mense ook moet bestaan.

Elma ·

Soveel hartseer op die oomblik in die land,ons kan maar net bid. Dit is al

evsbest ·

Ek dink nie die man wou hom dood maak nie. Woede uitbarsting wat tragies geeindig het. Ek voel jammer vir die man wat nou gaan moet boet vir daardie oomblik van waansin.

Christa ·

Dis nie ‘n verskoning nie!! Al is jou woedeuitbarsting hoe erg, hoe steek jy ‘n stok in iemand se oog?!!!

Judy-Anne ·

Geen verskonings of jammerte nie, waar steek jy iemand in oog en dis ok regtig!!!!!!

Hannelie ·

Jy kry die man jammer wat dit gedoen het???? Woedeuitbarsting…..dan wil ek hom nie sien as hy regtig kwaad is nie. Ekskuus tog hy wóú Ludi ernstig beseer punt. Ek kry hom glad nie jammer nie. Hy het ‘n kind, ‘n broer weggeruk uit ‘n familie se liefde. Ek bid dat geregtigheid sal geskied. Baie sterkte aan die Vink familie mag jul vertroosting ontvang uit die Heer se Hand.

Leonie ·

Dis verskriklik. Baie baie sterkte aan die familie. Dis nie lekker om ‘n kind en boetie te verloor nie. Rus in Vrede Ludi Vink. Mag geregtigheid geskied. Dis so onnodig gewees!!

Karma ·

Ai, soveel hartseer, pyn en lyding. In twee gesinne. Sterkte aan Ludi se familie en vriende. En ook sterkte aan die “moordenaar” se familie en vriende. Ek het nie die You Tube insetsel gekyk nie en kan net aflei dat daar ‘n onderonsie was, Ludi wou vrede maak en toe noodlottig beseer was deur ‘n ou wat dalk ‘n drankie of twee te veel agter die blad gehad het. Kruisig my maar, as julle wil mense, maar ek sê kuierplekke soos kroeë en “pool clubs” is onheilsneste. Nee, ek drink maar eerder my drankie tuis, dan pla ek niemand nie, hoef ek nie agterna bekommerd te wees oor hoe ek tuis gaan kom nie en is ek (redelik) veilig.

DF ·

Ek hoop daardie man kry wat hom toekom!!!!!!!! Hoe kan n mens so wreed wees????????????? Hy moenie eers uitgelaat word op borg nie. Mense soos hy verdien nie ‘n plek in die samelewing nie.

gerhard ·

Ja n pragtige jong man het gesterf en n ander man is nou n moordenaar vir die res van sy lewe wat hy in die tronk gaan spandeer.

toy ·

Hoe kwaad moet jy wees vir iemand om so wreed te wees. My hart gaan uit vir daardie familie. Dit was sooo onnodig gewees.

kat ·

ja dit wys net daar is geen wet en orde in die korupte land van ons meer nie as dit nie diefstal ,moord of oproer is nie is dit toi toi en die howe laat die moordenaars weg kom

Maree Clarkson ·

Heeltemal van die bespreekpunt af, maar kan iemand vir my seg wat het van toeter.com geword?

afrikaans ·

Ek kry die gevoel…..dis vir sekere mense oukei….dis moord mense….hoekom as dit ‘n ander kleur is wil ons die lelikste goed kwyt raak neeeeeeeeeee mense dis bloed van iemand. Dieselfde by sekere skole waar 100% onderrig gegee word aan sekere kinders wat wit is. Die ander kleur kinders is onnosel en die wit kinders is die slimste. Ons is te bang om te praat want anders word dit gesê ons het geen maniere nie. Kinders moet geliefd word en net die beste onderrig gegee word. My hart is seer vir die oom en ook seer vir almal wat moet lei deur grootmense wat dink hulle is die slimste en onopgevoed. Die persone wat my respekteer sal ek altyd maar altyd waardeer en met liefde deur my behandel word. Onthou ‘n kind bly ‘n kind…….ek voel lus om net te huil oor alles wat nie meer lekker is my land Suid Afrika nie.

EJ ·

Ek dink almal wat kan moet hof toe gaan en deelneem aan n optog om te se hy hoort in die tronk, maar n vreeslike een waar hy wonder hoekom hy n boelie is. Dis duidelik in die video n boelie wat lekker windgat was. Het al baie sulke gevalle gesien toe ek jonger was. Daar is te veel windgat boelies wat maak die wereld behoort aan hulle maar as so iets verkeerd gaan dan se hul “A moment of madness” as verskoning maar enige mens moet dink in n moment of madness… anders hoort jy in n gestig as jy jouself nie kan beheer nie want die wereld kan sonder sulke lamsakke.

ROENLINE ·

Hoe kwaad moet mens wees om so stok in iemand se oog in te druk dat hy breindood verklaar word, dis met geweld gedoen , mog daai bulle bak maar sommer lank sit>>>hyt geweet wat hy doen, sekerlik nie sy eerste kroeg bakleiery nie….

Speedguard ·

Dit is verseker, hierdie tipes gaan juis na plekke toe om ‘n geleentheid te soek om sy “staal” of is dit nou sy lafhart denke uit te leef, die sulke goed “skuim” hang by al die plekke uit juis vir dit, kyk maar hoeveel kinders is al vermink by klubs en kyk maar wat gebeur met die boucers (Bullies) hulle sweer saam , plant dwelms ens. om hul optrede te regverdig, laat dit ook ‘n les wees vir almal wat altyd hul verbasing uitspreek oor iets wat gebeur en niemand help nie, die helper is gewoonlik die ou wat aan die pen ry!! Sterkte aan die Familie, jul seun en broer se onnodige afsterwe!

Waarheid ·

Afrikaans jammer als waar asb bid vir alle kinders hul is blootgestel aan BAIE en ons word aan mekaar geleen..vergewe ons sondes, wees ons genadig Vader, ons is SWAK aan selfbeheersing. Verlos ons van die bose en maak heel waar dit só seer is dat ons wegkrimp van pyn. Sterkte vir familie en vriende.?

E.K. ·

Weereens – hierdie jongman sal voortleef in ander wat kan bly lewe in gesondheid dmv sy orgaanskenkings. Mag dit sy familie en vriende vrede gee – ‘n wonderlike gebaar. Laat die skuldige nou asb sy straf kry wat hy uit en uit verdien.

Waarheid ·

Afrikaans jammer vir jou als waar asb bid vir alle kinders hul is blootgestel aan BAIE en ons word aan mekaar geleen..vergewe ons sondes, wees ons genadig Vader, ons is SWAK aan selfbeheersing. Verlos ons van die bose en maak asb heel waar dit só seer is dat ons wegkrimp van pyn. Sterkte vir familie en vriende.?

Sonja ·

RIV. Ek weet nix wat enige iemand sê nou jul groot seer kan wegvat. Mag jul stukkende harte wee heelword. Jul is in ons gebede???

conrad ·

Ek het altyd geglo die doodstraf moet terug.Onlangs se iemand vir my nee, die doodstraf in die verkeerde regering se hande – dan hang hulle ons mense op.
Ok. Maar, as ons mense hulleself OOK gedra en hul pad skoonhou, waarom doodstraf vrees.
Kom terug doodstraf. Voor di doodstraf afgeskaf was, was daar nog iets wat moord en verkragting in n mate gekeer het.

conrad ·

Punt is, daar IS mense (in alle rasse) wat werklik psigopaties is. Daar is GEEN rekord ooit van so n mens wat gerahabiliteer het nie. Hul het eenvoudig net nie berou nie is sonder gevoel en gewete. Hulle kan nie 20 jaar in tronk sit, uitkom en gaan reg leef nie. As Johan Kotze (Modemolemonster)uitkom, gaan hy sy slagoffer soek en sy werk probeer voortsit Psigopate het obsessies wat hul lewe beheer. Hierdie mense behoort permanent uit die samelewing verwyder te word nie. Dis nie eintlik straf vir sy daad nie, maar voorkomend van nog. Wat is die nut van so een op die belastingbetaler se sak in die tronk te laat voortleef. Hang hulle op wat moord pleeg (dis Bybels) maak n voorbeeld en die plaasmoorde stop vandag. Selfde geld vir mense wat hul humeure nie kan beteul en die dood van ander onskuldiges veroorsaak. Meeste psigopate het hierdie humeure. Jy gooi nie so iets in iemand se oog sommer net nie!Daar is geen beheer en geen grense nie en mense doen nou net wat hulle wil sonder gevoel. Psigopate het gevoel vir hulself as hy weet daar is n doodstraf wat wag op hom sal hy weer dink. Hul weet baie goed wat hul doen.

Michelle ·

Ek ken Ludi Vink van ons skool loopbaan af. Hy was nog altyd n goeie en liefdevolle mens. Die manier waarop hy dood is is so wreed maar so goeie mens dat na hy dood is al sy organe skenk vir 8 ander mense om te lewe wat n HERO in my oë. Die moordenaar se naam is bekend en ja alle Debt Collectors het nie gevoel of gewete nie dis maar harde mense. Hy is op R5000 bail uit gelaat en verskyn weer die 20ste in die hof……..?????hy moes nie bail gekry het nie maar ons almal weet tog hoe ons land se ondersteuning is oor die tiepe goed……daar is ook wel n video op you tube oor sy lewens verhaal met fotos van herhineringe. Ek sal hom altyd onthou as n held tot na sy dood.

vermeende ·

n man van 52 wat heel moontlik al oupa is en nog om die suip plekke uithang en dan nog handgemeen raak met mannetjies wat kringe om hom sal loop laat veel te wense in sy karakter oor.

N man hoort by sy huis by sy vrou en kinders.

anita ·

Johan Likkewaan wat n mooie samevatting!!
As mens net die horlosie kan terugdraai.

nhk ·

Om n persoon breindood te steek met n stok in die oog …daardie moordenaar het krag gebruik. Sjoe

Tragies ·

Die tronke is vol, bring terug die galg. Geen moordenaar het die reg om te leef nie. Daar is nie meer ‘n regverdige straf in ons land vir moordenaars nie.

ken benoni ·

Simpatie aan aan die familie en vriende, by Hom sal geregtigheid geskied.
Ons moet nie die vertolking van die wet bevraagten nie want dit was wit op wit geweld, ons vergemak die ou spul se opdrag vir hulle met die soort optrede van ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.