Verdagte vas na moord op 12-jarige

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 12-jarige meisie, wat in haar ouerhuis in Bethelsdorp, doodgeskiet is.

Aliya “Angel” Tee is op 7 Junie doodgeskiet toe sy haar ma probeer beskerm het nadat ʼn onbekende aantal verdagtes die huis ingestorm het. Tee se pa het haar probeer beskerm en is vier keer geskiet. Hy het die aanval oorleef.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Deon Harmse (23) is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem in verband met Angel se moord. Harmse word intussen ook aangekla van die moord op Donovan Berry (47), wat op 3 Mei in Bethelsdorp doodgeskiet is.

Harmse het reeds Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 Julie uitgestel en hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Sterkte aan die familie wat hul kind so jonk verloor het. Dit is so onnodig Harmse, jy is ‘n ou moordenaar. Hoop jy sit jou hele lewe lank in die tronk. Jy kan bly wees die hangpaal werk nie meer nie.

Lydia ·

Dit gaan my verstand te bowe dat moordenaars altyd op borg vrygelaat word. Die man het 2 onskuldige mense se lewe geneem en ek hoop hy sal nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.