Verdagte vas ná moord op beskermingshoof se seun

Warren Rhoode

ʼn 41-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn in verband met die moord op Warren Rhoode.

Die 31-jarige Rhoode is die seun van genl.maj. Wally Rhoode, hoof van pres. Cyril Ramaphosa se beskermingsdiens. Warren se ouers het hom op 23 April as vermis aangemeld en daar is 12 dae lank desperaat na hom gesoek voordat sy liggaam in Delft gevind is.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is die verdagte, ʼn Mosambiekse burger, verlede week vir ondervraging ingeneem en daarna vir die moord in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming volg nadat die polisie verlede week ʼn beloning van R50 000 uitgeloof het vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van Rhoode se moordenaar(s).

Rhoode het verskeie steekwonde gehad en die polisie vermoed dat hy tydens ʼn kapingsvoorval vermoor is.

Volgens Potelwa word daar steeds na Rhoode se voertuig, ʼn swart Volkswagen Polo, gesoek. “Daar word vermoed dat roof die motief vir die moord was, maar ondersoekers volg steeds alle leidrade op.”

Enigiemand met inligting oor die moord op Rhoode kan die ondersoekbeampte, kol. Eddie Clark, by 082 469 1531 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Ons grense is mos oop en die res van Afrika word gereeld genooi om na SA te kom want Afrika is mos vir almal….

Amelia ·

verdagte baie vinnig aangekeer belooning aan gebied en buitlander wat seker nie paspoort of visum het nie wanneer gaan daar n bolong aangebied word vir plaasaanvallle en wanneer gaan aanvallers op plaas so vinnig aangekeur word ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.