Verdagte vas ná moord op Ermelo-vrou

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

ʼn Man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op Issie Dippenaar (58) wie se liggaam Maandagaand in die kattebak van haar motor buite haar huis in Ermelo, Mpumalanga, gevind is.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte is in die Wesselton-woonbuurt vasgetrek. Hy het tydens sy inhegtenisneming ʼn koeëlwond aan sy sy opgedoen en word tans in die plaaslike provinsiale hospitaal behandel.

“Ek staan hier buite die hospitaal en die verdagte word nou binne by ongevalle behandel. Ek kan dus nog nie bevestig hoe ernstig die verdagte gewond is of wanneer hy ontslaan sal word om in die hof te verskyn nie,” het Prinsloo gesê. Sy het gesê die ouderdom van die verdagte is ook nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig Dippenaar se liggaam is deur veiligheidspersoneel in haar motor se kattebak gevind nadat hulle by haar huis gaan ondersoek instel het. Dippenaar se ma het onraad vermoed nadat sy haar nie telefonies in die hande kon kry nie en het die buurman gevra om ondersoek in te stel. Hy het ʼn private veiligheidsmaatskappy ontbied nadat hy van buite geen beweging in Dippenaar se huis kon sien nie.

Prinsloo het vroeër gesê daar was geen sigbare beserings aan Dippenaar se liggaam nie en daar word vermoed dat sy verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Dippenaar is glo laat gistermiddag die laaste keer lewend gesien.

Dippenaar was ʼn bekende figuur in die gemeenskap en het as die bestuurder van twee van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se kinderhuise gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

gert ·

Ai jammer om te hoor.
Dankie tog die skurk is vinnig gevang.

Hardword ·

Mense ons moet harder word, moeiliker teikens, gereed wees.

jaco ·

die slagoffer is wit en die verdagte word so vinnig gevang. Hier kom groot reën…

Nella Jansen van Rensburg ·

Jaco, kyk wies die polisie woordvoerder, geen wonder

Deon ·

Hi Nella, lees weer. Kapt Prinsloo is die woordvoerder vir die Ermelo polisie.

Jacob ·

As hy swart is gaan jy sê tipies en as hy wit is sê hy moes seker maar ‘n moeilike lewe gehad het? Word wakker misdaad het nie ‘n kleur nie, maar lyk my sommige mense se harte het en jammer om dit te sê maar die kleur van die hart is PIK SWART!

Vra net ·

Ja, hoekom word die kleur nie gese nie, net as dit wit is word dit vinnig genoem.

Sê maar net. ·

Hoekom net ‘n herhaling van woorde. Hoekom nie meer breedvoerig berig oor die inhegtenis name nie.

Jakob ·

My vorige kommentaar het klaarblyklik ‘n ondertoon gehad. Kom ons probeer weer… misdaad het nie ‘n kleur nie, so die misdadiger se kleur moet nie regtig die onderwerp v bespreking hier wees nie.

Pieter ·

Vriende in Ermelo het laat weet dit is haar tuinier wat gevang is.

hartseer ·

So n pragtige vrou……dis so so hartseer en nog n pragtige lewe geneem. Rus in vrede sag, vroutjie…God slaap nie

Soorte ·

Daar is drie soorte in die land: Mense, diere en verdagtes. . .

Sydney ·

Baie dankie aan hulle wat so hard aan die saak gewerk het en nog mee besig is om die moontlike beskuldige vas te trek. Ons bid vir die geliefdes wat agter gelaat is deur die tragiese gebeure, mag hulle rus vrede en berusting vind in Hom wat lewe gee

Hannes ·

Ek onthou tannie Issie en Pastoor Andre van Witbank se dae. Ware Geloofshelde wat ‘n wonderlike voorbeeld vir almal was wat hulle geken het, RIV.

Attie ·

Alweer huishulpe en tuinwerkers. Pas julself mooi op mense, ons is in groot moeilikheid in hierdie land.

Louise ·

Ja nee wat ek stem saam as dit nou n WIT man was het die Media berig WIT, maar wanneer ander gevang word, word daar gese onbekende man.
Of die Media soek sensasie of hulle wakker rasse kwessies aan….. RIV Tannie

Louise ·

OOOO skies het vergeet, want die MAN het mos regte en sy regte moet beskerm WORD.
dis die WIT mens wat mos nie geregtig is in die land op regte nie. Dis skandelik dat ons moet toekyk en MAG NIKS doen terwyl ons nasie afgemaai word deur teroeriste.

Reinier ·

Net soos die polisie dametjie van Vanderbijl het hulle goeie werk gedoen vir kinders en ongewenste babas, en wat kry hulle daarvoor.

Lyn ·

Gaan lees Netwerk24 se berig. Hy was haar tuinier. Sy het hom gevra om haar motor te was. Toe gaan ry hy met haar motor rond. Sy het toe afbetaal. Daarna het hy haar nuwe tuiner met ‘n skroewedraaier gesteek. Hy het voor die tyd gesê hy gaan haar doodmaak. Die vrou het in vrees vir hom geleef.

Vra maar net ·

Hoekom is dit soms dat Maroela Media altyd traag is met nuwe wysegings van berigte

tish ·

soos my ma altyd se : die hel sal volwees en die hemel leeg……………
skokkend!!!!!!!!!!!!

Maria Van Dieweeck ·

Die media publiseer altyd sulke mooi fotos van wit slagoffers wat grusaam vermoor is, maar as dit n swart slagoffer is, selfs as die nog leef, dan sien jy n ander saak! WAAROM?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.