Verdagte vas na moord op Villiersdorp-bejaarde

Casper Steenkamp en sy vrou Bessie Steenkamp (Foto: Verskaf)

’n Een-en-dertigjarige verdagte het Woensdagoggend in die plaaslike hof verskyn in verband met die moord op die 87-jarige Casper Steenkamp in sy huis in Villiersdorp in die Wes-Kaap.

Volgens FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is die verdagte Dinsdagoggend vir ondervraging ingeneem.

Steenkamp se liggaam is Saterdagaand in die buurman se huis op die agterstoep in Mullerstraat in Villiersdorp gekry.

Maroela Media het vroeër berig Steenkamp het die aand omstreeks 19:45 geluide in sy buurman se huis gehoor en gaan ondersoek instel. Dit is toe dat hy die inbrekers daar betrap het.

Die buurman werk in die Kaap en Steenkamp het ʼn oog oor sy huis gehou. Steenkamp is doodgesteek en die buurman se huis is ook in die proses beroof.

Die twee versorgers wat na Steenkamp se vrou, Bessie Steenkamp (86), omsien aangesien sy aan demensie ly, het die aand op Steenkamp se liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokkie ·

Bring die doodstraf terug vir moordenaars, verkragters en kindermolesteerders.

Frans ·

Die groot probleem met die doodstraf in die ou Suid AFrika was dat dit in afsondering
uitgevoer is en dat slegs ‘n handjievol mense daarvan geweet het.Gewooonlik het daar
‘n klein beriggie in die pers verskyn.In lande waar dit wel publisiteit verleen is soos Amerika en daar buite tronke mense was en ‘n aantal die teregstelling bygewoon het,het dit nie ‘n verbetering teweeg gebring nie.
In lande soos Pakistan en Saudi Arabia het did nie ‘n invloed uitgeoefen nie.Volgens ‘n VN-studie is die belangrikste drywers,georganiseerde misdaad,dwelms,geweld tussen geslagte,werkloosheid wat tot moorde lei.Dit is dalk die rede dat Suid Afrika so hoog op ‘n lys van lande verskyn met moorde per 100 000 mense

Genis ·

Dis baie onstellend hoe die weerlose ou mense afgemaai word… Die gene moet net weet die liewe vader slaap nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.